Aanbieder

Moria Sewald

Moria Sewald

Moria is ‘n aantreklike en energieke 36 jarige, sjarmante dame met ‘n lieflike helder stem. Haar borrelende persoonlikheid sal deur beide manlike en vroulike kykers geniet word. Moria se entoesiasme en passie is sigbaar in alles wat sy sê en doen, en in haar eie woorde:

“Ek is ‘n vrou met ‘n droom! Maatband is die samekoms van twee van my grootste drome. Die een om ‘n aktrise te wees en die ander die strewe na perfektheid!

Van kleintyd af het ek in soveel kerk en skool tonele gespeel en was ’voor die kamera’ of die verhoog nog altyd die plek waar ek myself kon uitleef.

Soos meeste vrouens, is my voorkoms vir my uiters belangrik en daarom probeer ek altyd om op hoogte te bly van enige nuwe inligting rondom oefening, dieete, chirurgie, lewenswyse en algemene voorkoms.

Ek weet hoe dit voel om met jouself op ‘n gereelde basis te baklei oor hoe jy lyk en die vrae wat ‘n mens het en daarom sal kykers met MY en met Maatband kan identifiseer.

Maatband is nie net nog ‘n program nie, maar dit is MY droom, dit is deel van wie ek is en ek glo dat my passie ‘n deurslaggewende faktor gaan wees!

Dit is vir my uiters belangrik dat Maatband nie net ‘n program is nie, maar ‘n verskil sal maak in mense se lewens. Ek glo dat met my entoesiasme en die kenner’s inligting wat ons met kykers gaan deel, gaan dit vir hulle voel asof hulle hul eie persoonlike “instrukteur” het.

Maatband inderdaad gaan nie net ons kykers liggaamlik in beter kondisie kry nie, maar kykers gaan goed voel oor hulself en die lewe”.

Lees meer oor Suid Afrika se stede en dorpe