Adventure Bootcamp

Adventure BootcampAdventure Boot Camp klink dalk vir jou na een groot marteling, maar as jy jou ingesteldheid hieroor verander kan dit eindelose voordele vir jou inhou, ongeag jou ouderdom of fiksheidsvlak.

Adventure Boot Camp is ‘n vier week buite fiksheidsprogram vir vroue wat onder leiding van ‘n gekwalifiseerde fiksheidsafrigter plaasvind.

Die oefeninge behels ‘n kombinasie van hoë- en lae impaks aktiwiteite bv. touspring, kort afstand hardloop, loop, kick boxing, pilates, mat werk ens. Jy is verniet op soek na verskonings as jy dink jy gaan te onfiks wees hiervoor want daar word vir alle fiksheidsvlakke voorsiening gemaak en namate jy fikser word sal die intensiteit van oefening toeneem.

Die volgende voordele is beslis nie te versmaai nie:
– Dramatiese fisiese verbetering
– Verhoogde krag en uithouvermoë
– Verlies van sentimeters en ‘n fermer liggaam
– Motivering en inspirasie
– Verhoogde selfvertroue
– Maaltydbeplanning en gesondheidswenke

Vir meer inligting besoek die webblad: www.adventurebootcamp.co.za

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad