Aerial Joga – Aerial Yoga

15 Januarie 2014

Aerial YogaIn ’n visueel pragtig verfilmde insetsel, woon Moria ’n Aerial Yoga-klas by. Sy ontdek dat dit ’n uitdagende oefensessie behels wat bestaan uit ’n kombinasie van joga, Pilates, oefeninge wat in die lug geskied en spierkragoefening. Aerial Yoga is ontwerp om krag, mobiliteit, balans en soepelheid te verbeter, en tussen al die harde werk deur is daar ook tyd vir grappies!

Aerial Joga is ‘n uitdagende oefensessie wat aspekte van Joga, Pilates en weerstandsoefeninge insluit. Die hele doel hiervan is om jou krag, mobiliteit en buigsaamheid te verbeter en boonop pret te hê terwyl jy dit doen!

Klasse bestaan uit vloerwerk, oefeninge wat in die lug geskied, strekbewegings en ontspanningstegnieke maar fokus veral rondom ‘n sagte material ‘trapeze’ (ook ‘n hangmat of ‘sling’ genoem) wat uit die plafon gemonteer word en tot by heuphoogte hang.Aerial Yoga

Die sagte stuk materiaal word juis gebruik om die liggaamsgewig tussen die vloer en die ‘trapeze’ te versprei om sodoende ‘n verskeidenheid van kragopbouende en intense strek oefeninge moontlik te maak.

Die ‘trapeze’ help veral met moeiliker joga en strek posisies omdat dit die liggaamsgewig juis sonder die invloed van gravitasiekrag ondersteun.
Geen spesifieke fiksheidsvlak is nodig om ‘n Aerial Joga klas by te woon nie en aanpassings kan op grond van die individu se krag en buigsaamheid gemaak word. Indien jy enige mediese probleme soos glaucoma, hartkondisies, sinus of hoë bloeddruk ervaar en/of swanger is, moet jy dalk eers jou geneesheer raadpleeg.

Kontakbesonderhede:
Webtuiste: www.aerialyoga.co.za
Epos: aerial@aerialyoga.co.za
Selfoon: 072 199 3133

 

Author: Maatband

Share This Post On