Akro-joga

acro yoga 1Vandeesweek se episode van Maatband skop letterlik af met ‘n kykie na Akro-joga, ‘n veeleisende oefenroetine wat akrobatiese oefeninge met joga kombineer. Dit is hoofsaaklik geskik vir gevorderde joga-praktisyns. Twee of meer persone is betrokke en die sport is bekend daarvoor dat dit nie net krag en stabiliteit bevorder nie, maar ook wedersydse vertroue en kommunikasie.

AcroYoga is ‘n kombinasie van joga en gimnastiek wat jou geestelik en fisies versterk.

Lois en Ben het vier jaar gelede in Johannesburg die Africa AcroYoga-gemeenskap in die lewe geroep. Dié gemeenskap bied ‘n unieke tuiste vir alle AcroYoga-aanhangers.

Lois en Ben het twee jaar lank saam AcroYoga beoefen en is lede van AcroYoga-internasionaal. Die paar is ook AcroYoga JAMbassadeurs.

As AcroYoga JAMbassadeurs, volg Lois en Ben streng veiligheidsmaatreëls soos deur AcroYoga-internasionaal vasgestel. Verskeie speelgroepe word in Johannesburg aangebied en almal is welkom – van beginners tot meer gevorderde AcroJogi’s.

Saam met Lois en Ben sal jy beslis pret hê en jouself gate uit geniet.

Speelgroepe/klasse word Saterdae-oggende om 11:30 – 13:00 by die Ishta yoga-skool in Atholl aangebied.

Eenkeer ‘n maand op Sondae, word speelgroepe van 14:00-16:00 by ZEN hot yoga in Morningside aangebied.

Besoek ons webtuiste www.africayogajourney.co.za vir meer inligting of bel
082 373 1001. Jy kan ook ‘n e-pos aan Lois stuur by butterfly@wol.co.za

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad