|
Die woord “buikdans” klink net ’n bietjie te
hardlywig vir dié prettige, spontane en uiters
vroulike dansvorm. Hierdie Midde-Oosterse kuns word
al vir eeue beoefen. Menige koninklikes is al
daardeur bekoor en vele kunstenaars en digters is al
deur die asemrowende dansers geïnspireer, maar die
wat die meeste hieruit put, is die vroue wat daaraan
deelneem.
Dis ’n wonderlike reis na die innerlike self waar
vroue leer om weer in voeling met hul liggame te kom.
Bellydancing klasse bied ’n heerlike netwerk waar
vroue, jonk en oud, klein en groot, kort en lank,
hul sensualiteit en vroulikheid kan herontdek, en
sommer op die koop toe ’n paar kilojoules verbrand.
Daar is natuurlik verskeie opinies oor waar dié
misterieuse dansvorm sy oorsprong kry. Een beweer
dat dit oorspronklik deel was van antieke
vrugbaarheidseremonies en dat vroue dit vir mekaar
uitgevoer het. Daar was dus geen manlike toeskouers
nie.
Hoe dit ook al sy, dit blyk duidelik dat
bellydancing ’n heerlike, ryk geskiedenis het. Om
meer oor dié pragtige dansvorm en die verskillende
style te leer, besoek gerus die Jewels of the Nile
se webwerf by
www.bellydance.co.za. Dié befaamde
dans-ateljee word as een van Suid-Afrika se
toonaangewendste gesagte op die gebied gereken.
Charlotte
In 1989 het Charlotte, ’n teruggetrokke boekhouer,
bellydancing probeer – sy het gedink dat dit dalk ’n
prettiger alternatief tot die gimnasium of draf sal
wees. Maar gou het die gogga gebyt en Charlotte het
begin skitter as ’n professionele danseres. Sy is
kort daarna deur ’n Egiptiese maatskappy genader,
wat haar 'n beurs aangebied het om meer oor haar
nuutgevonde passie in Egipte te gaan leer en ontdek.
Hierdie ervaring het haar geïnspireer om die Jewels
of the Nile dans-ateljee in 1997 te open, en in 2000
het Charlotte en drie van haar danseresse twee goue
medaljes en ’n trofee by die Wêreld Uitvoerende
Kunste Kampioenskappe in Los Angeles los gedans. Maar
dis nie net haar opleiding, ervaring en passie vir
die kunsvorm wat haar kop en skouers bo die res laat
uittroon nie.
Haar leermetodes is ook baie vars – sy glo nie
daaraan om klone van haarself te maak nie – sy wil
elke Jewel help om te groei en te blom as ’n
dansgodin in eie reg. Charlotte se holistiese
benadering tot die lewe en tot dans het haar ook
genoop om opgelei te word as ’n Reiki-Meester,
Aromaterapeut, Indiese Kopmasseuse en sy is ook ’n
geakkrediteerde CIS en Lewens- en
Besigheidsafrigter.
Vir meer besonderhede oor Charlotte of van die Jewels of
the Nile, stuur gerus ’n e-pos aan
charlotte@bellydance.co.za.
Hayward's Grand Safaris, Events and Expeditions
Hayward's Grand Safaris, Events and Expeditions
bied aan
korporatiewe en private BBP (baie belangrike
persone) eerste klas en vyfster tent safari’s in verskeie Natuurreservate op die Afrika-bodem. Elke
Hayward safari word individueel beplan en beloof om
al u verwagtinge te oorskry.
Hayward Safari’s kan beskryf word as ‘n rondgaande
safarikamp wat nie net tot Afrika beperk is nie,
trouens hulle kan verskuif na enige plek in die
wêreld - waar u dit ookal visualiseer.
Die totale pakket is uitnemend: van diens en
spyseniering tot konferensiegeriewe en vermaak.
Opgeleide gidse staan gereed om jou sintuie opnuut te prikkel in
die boswêreld rondom jou. Die
deeltydse Hayward-hoofkwartiere is geleë in die
Bobbejaansberg-Natuurreservaat, 35km noord van
Pretoria, in die Dinokeng gebied.
E-pos:
reservations@secluded.co.za
Tel: 0861 732 583 or +27 12 808 0442 |


 |