Balletklasse vir kindertjies

kids ballet 3Balletklasse vir klein kindertjies is deesdae baie meer pret danksy die Melody Movement-metode. Daar word van oulike beertjies en aangrypende stories gebruik gemaak om jong kinders die klassieke dansvorm te leer. Kom kyk en geniet saam met ons hoe van Pretoria se ontluikende ballerinas in ’n middagklassie van begin tot einde vasgevang bly.

Deel van my passie en almal by Studio of Motion is om seker te maak dat elke danser nie net die dansklasse geniet nie maar verlief raak op dans self.

Ons bied professionele dans klasse aan vir kinders tot en met groot mense. Almal is welkom! Ons bied beginner ballet, Moderne dans, klopdans (tap), Hip Hop, Akrobaat, Kontemporer, en Pilates aan.

Ons is die enigste studio wat huidiglik die Melody Movement syllabus van Engeland af in Suid Afrika aanbied. Die syllabus fokus op “Early Childhood Development” en om daai liefde vir dans te omskep.

Kontak ons vir jou eerste vernuut klas op 071 604 2249 of stuur vir ons n epos na contact@studioofmotion.co.za. Gaan kyk ook gerus na ons webwerf www.studioofmotion.co.za en jy kan ons ook op sosiale media vind: Facebook blad – Studio of Motion, Twitter – studioofmotion, en Instagram – studioofmotion.

 

Author: Maatband

Share This Post On