Blog

Gee jou immuniteit ‘n hupstoot

Posted by on 9:48 pm in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

Het jy al opgemerk dat sommige mense geneig is om altyd siek te word, terwyl ander weer altyd gesond en siektevry is? As jy gereeld verkoue kry, aan allergieë ly of net gedurig moeg is, kan dit dalk ‘n teken van lae immuunfunksie wees. In hierdie episode van Maatband kyk ons na ‘n binne-aarse drupvoeding wat blykbaar jou immuniteit ‘n hupstoot gee en sodoende jou kanse verminder om die prooi van aansteeklike kieme te wees. Dr Nathali Morrow Cell: 082 325 7541 Tel: (012) 347 4006 Fax: 086 622 8442 Email:...

read more

Plaasvervangers vir Suiker

Posted by on 10:05 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

26 Maart 2014 Dit is welbekend dat suiker uiters nadelige gevolge het vir ons gesondheid, en bykans geen voordele inhou nie. Nogtans verorber ons samelewing trokke vol daarvan. Dit is geen wonder dat chroniese siektes die hoogtes inskiet nie. Ons bekyk verskeie plaasvervangers vir suiker wat jou soettand kan bevredig, sonder dat jou gesondheid en vitaliteit daaronder sal ly. Besoek www.sontal.co.za vir meer...

read more

Moria se Oefenwenke

Posted by on 10:03 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

26 Maart 2014 Moria besoek die Sable Hills-landgoed om by Brenda van der Merwe raad te kry oor slap maagspiere. Brenda gee wenke oor hoe die laer maagspiere weer verstewig kan word sodat ’n pap maag weer ferm en gedefinieerd...

read more

Tegnologie Gevare vir Kinders

Posted by on 9:57 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

26 Maart 2014 In ons finale episode van die huidige Maatbandreeks, bekyk ons die voor- en nadele van die internet – is dit ’n seën of ’n vloek vir jou kind? Dr. Gretha Wiid bespreek die verskeie gevare wat tegnologie inhou, en gee raad aan ouers oor hoe hulle kan verseker dat hulle kleingoed teen ongewenste elemente beskerm word, terwyl die kinders nog steeds die voordele van die inligtingseeu benut.

read more

Finansieringsopsies

Posted by on 9:53 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

25 Maart 2014 Namate stygende lewenskoste die strop nouer trek, is duur kosmetiese chirurgie-prosedures buite die bereik van die meeste Suid-Afrikaners. Genadiglik is daar darem ’n paar maniere waarop prosedures soos borsvergroting of ooglidchirurgie meer bekostigbaar kan wees. Moria kyk indringend na verskeie finansieringsopsies wat spesifiek op sulke kosmetiese luukshede toegespits is. First Health Finance began operating in 2008, and introduced South Africa to the concept of “Patient Finance”. First Health Finance provides medical payment...

read more

Sonskade – Sun Damage

Posted by on 12:21 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

12 Maart 2014 Ons wat in Suid-Afrika woon, geniet goeie weersomstandighede vir ’n groot deel van die jaar. Hoewel dit baie voordele inhou, beteken dit ook ongelukkig dat ons aan die gevare van die son blootgestel word. Sonskade veroorsaak nie slegs in sommige gevalle velkanker nie, dit is ook verouderend, met die gevolg dat Suid-Afrikaners gouer ouer kan lyk as mense wat in kouer klimate woon. In hierdie episode van Maatband stel Moria ondersoek in na foto-dinamiese terapie (PDT), wat sonskade  kan beperk en selfs kan omkeer, sodat jou vel se...

read more

Weefselsoute – Tissue Salts

Posted by on 12:16 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

12 Maart 2014 Het jy geweet dat letsels en verkleuring van jou vel belangrike inligting oor jou algemene gesondheid kan verraai? Ons bekyk die fassinerende studie van gesig-analise om vas te stel of daardie donker kringe onder jou oë nie dalk aantoon dat jou gestel ’n tekort het aan ’n sekere weefselsout nie. Die oorsprong van elke siekte en kwaal kan na ‘n mineraal tekort teruggevolg word. (Dr Linus Pauling, wenner van 2 Nobel pryse) Hierdie stelling is nie verrassend as ons die werk wat Dr Schuessler in die 1850’s met minerale...

read more

Ouderdomsverwante Oogprobleme

Posted by on 12:10 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

12 Maart 2014 Ons fokus op die uiters belangrike onderwerp van ouderdomsverwante oogprobleme soos katarakte en makulêre degenerasie. Ons stel ondersoek in na produkte in die Sontal-aanvullingsreeks wat spesifiek op oog-gesondheid gemik is, om vas te stel of hierdie aanvullings jou oë kan beskerm teen die aftakeling van die...

read more

Oefening vir pap spiere

Posted by on 12:05 am in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

12 Maart 2014 Moria lê besoek af by Brenda van der Merwe vir raad oor die heel beste maniere om pap spiere van die binnekant van die bobene weer te verferm en...

read more

Bodytec

Posted by on 3:00 pm in Hierdie Week op Maatband, Reeks 7 | 0 comments

Navorsing bewys dat ’n persoonlike fiksheid-oefenprogram gekombineer met elektro-spierstimulasie, 18 keer meer effektief is as wanneer ’n konvensionele oefenprogram  op sy eie gevolg word. Moria betree ’n fiksheid-arena aan die voorpunt van tegnologie by Bodytec in Centurion, waar sy ontdek dat haar enkele 20-minute oefensessie net so effektief is as ’n reeks van drie 90-minute gimsessies! Net die ding vir spierdefinisie, spierkrag en uithouvermoë, en die perfekte oplossing vir die hedendaagse besige leefstyl. Bodytec is die perfekte...

read more