Bodytec

BodytecNavorsing bewys dat ’n persoonlike fiksheid-oefenprogram gekombineer met elektro-spierstimulasie, 18 keer meer effektief is as wanneer ’n konvensionele oefenprogram  op sy eie gevolg word. Moria betree ’n fiksheid-arena aan die voorpunt van tegnologie by Bodytec in Centurion, waar sy ontdek dat haar enkele 20-minute oefensessie net so effektief is as ’n reeks van drie 90-minute gimsessies! Net die ding vir spierdefinisie, spierkrag en uithouvermoë, en die perfekte oplossing vir die hedendaagse besige leefstyl.

Bodytec is die perfekte oplossing om ‘n doeltreffende en gerieflike oefenprogram by ‘n vol lewe in te pas. Dit is gegrond op elekto-spier stimulasie (ESS) wat jou kernspiergroepe teiken. Die konsep is in Duitsland ontwikkel en word al meer as 60 jaar lank ingespan in die professionele sport industrie vir rehabilitasie van beseerde spiere en spieratrofie. Algaande het dit duidelik geword dat die proses spiere definieer en jou fisiek sterker maak.

Met konvensionele oefening is dit amper onmoontlik om al jou spiere op dieselfde tyd toe oefen ESS maak dit moontlik. Een 20 minuut sessie is gelykstaande aan 3 x 90 minuut funksionele krag oefening sessies in ‘n gymnasium. Met ESS werk sowat 90% van jou spierweefsel op dieselfde tyd. Spiere word gedefinieer, en sentimeters smelt weg. Bekendes soos Tracy McGregor en Jo-Ann Strauss glo vas aan die oefenprogram se doeltreffendheid.

Meer inligting: centurion@bodytec.co.za

Author: Maatband

Share This Post On