Bootcamp

8 Januarie 2014

BootcampEpisode twee van Maatband Reeks 7 skop af met ’n kragbelaaide oefensessie. Moria kom tot die gevolgtrekking dat strafkampe nie slegs vir jong, fiks en gesonde mense is nie, maar ook vir vroue ouer as 40. Hierdie oefeninge gee vorm en definisie aan die liggaam en versterk die spiere, en dis pret ook!

Brenda van der Merwe is ‘n fiksheidsinstruktrise, met ‘n opregte passie vir mense en gesondheid. Sy woon in Pretoria, waar sy dames in haar omgewing fiks en gemotiveerd hou.

Sy is al tien jaar in die fiksheidsbedryf, waar sy Boot Camp en Pilates klasse aanbied. Brenda het al uitdagings soos die Comerades, Two Oceans en 94.7 Cycle challenge voltooi. Buiten haar aktiewe leefstyl, is sy ook ‘n motiveringsspreker by damesoggende, waar sy onder andere temas soos “Ek is 40, wat nou” bespreek.

Brenda se droom is om vrouens regoor die land, veral in die kleiner dorpies, te bemagtig met kennis oor hoe om fiks en gesond te leef, ongeag jou ouderdom of omstandighede.

Vir meer besonderhede kontak haar by brenda01@iburst.co.za

Author: Maatband

Share This Post On