Bors Facials – Breast Facials

8 Januarie 2014

Bors Facials - Breast FacialsEen van die eienskappe van gesonde borsweefsel is dat dit goeie limfdreinering bevat. Die weefsel is ook sonder pynlike knoppe en bulte. Moria besoek die Mamelle Breast Treatment & Massage Clinic in Pretoria om meer oor bors-“facials” uit te vind en hoe hierdie behandeling kan help om jou borste ferm en gesond te hou.

194C Marija Street, 0129 Sinoville, Gauteng, South Africa 072 064 7025

Healthy breast tissue has good lymph drainage and is free from painful lumps and bumps. Moria visits the Mamelle Breast Treatment and Massage Clinic in Pretoria to find out how regular breast facials can help to keep your breasts stay firm and healthy.

Sommige van ons gaan gereeld vir gesig behandelings vir verskeie redes. Sou dit vir een of ander vel kondisie, teen veroudering, stimulasie of net vir ontspanning wees. Dan is daar ook massering – ook vir verkeie redes; sport, pyn verligting, bloed sirkulasie, en die mees belangrikste is limf dreinering en natuurlik ook vir ontspanning. Dit kom alles af op ‘gevoel terapie’.Breast Facial

Die mees belangrikste is die voordele wat dit inhou.

So het ons dames ook iets anders om voor te sorg. Elke vrou sal in een of ander stadium in haar lewe ‘n klagte hê oor haar borste wat in enige stadium van haar lewe kan gebeur. Gelukkig is daar nou die unieke behandeling vir die unieke vrou – Bors Behandeling – wat ook na verwys kan word as Bors ‘facials’. Die behandeling word gedoen op die borskas en borste wat dan bestaan uit:- Skoonmaak met reiniger; Eksfolieer; Hoë Frekwensie masjien; Masker met Ozoon stoom; Massering van die borskas, borste, hande & arms; Vogroom & Verfrisser. Nasorg advies word dan gegee volgens kliënt se omstandighede/ belang sowel as hoe om BSO (Bors Self Ondersoek) te doen; na bad/ stort massering roetine ens… **Hierdie behandeling is vir dames met borste sowel as post mastektomie pasiënte**

Author: Maatband

Share This Post On