Botox

BotoxBotulinum toksien behandelings, of beter bekend as Botox® die handelsnaam, het al verskeie reputasies ontwikkel deur die jare. Meeste vroue sien dit as hul beste vriend en ander is nou weer skrikkerig en negatief daaroor…

Baie van die negatiewe reputasies is te wyte aan onkunde en onregverdige blaam op die produk. Sodra enige bekende persoonlikheid vreemd lyk of te plasties voorkom, word Botulinum toksien hiervoor blameer.

Wat opmerklik is in Suid Afrika, is veral die gebrek aan kennis oor die produk onder die Afrikaanse populasie. So, Afrikaners, haal bietjie af julle oogklappe en luister na die feite!

Botulinum toksien word meestal wêreldwyd gebruik vir mediese redes, eerder as kosmeties. Dit word selfs in kinders toegedien! Die mees algemene redes vir die gebruik daarvan sluit in neurologies en spier toestande (spastisiteite, kontrakture, verlammings, brein en rugmurg beserings, klou hande of voete), maar ook vir hoofpyne, tande kners, pynlike kaak gewrig toestande, oogspier toestande en oormatige sweet.

Die produk is ‘n protein wat werk deur die spier waar dit ingespuit is te keer om saam te trek vir ‘n tydperk van 4 – 6 maande. Daarna begin die spier weer saam trek. Dit verlam nie ‘n spier nie.

Die kosmetiese gebruik daarvan is dan vir ooraktiewe speire in die gesig wat plooie op die vel veroorsaak, soos frons en laglyne. Die behandeling behoort jou baie vars en natuurlik te laat lyk en nooit gevries nie.

Dit werk vir almal! As jy al ‘n behandeling gehad het wat nie gewerk het nie of te kort gehou het is dit omdat te min gebruik is vir jou spier grootte en spier aktiwiteit.
FDA goedkeuring van die produk is al vir jare erken en medisyne beheerrade wêreldwyd het nog nooit dit in ‘n land onttrek weens onveiligheid nie.

Maak seker dat as jy gaan vir ‘n behandeling dat dit wel by ‘n opgeleide dokter is wat geregistreer is by ons land se gesondheidsraad (HPCSA).

Author: Maatband

Share This Post On