Cardio tennis

Wat is Cardio Tennis

IMG_0103Cardio Tennis is ‘n hoë-energie- fiksheidsaktiwiteit wat die beste aspekte van tennis met kardiovaskulêre oefening kombineer – dit lewer omvattende kalorie-verbrandende, aërobiese en anaërobiese oefening vir die hele liggaam.

Cardio Tennis is ‘n genotvolle groepsaktiwiteit wat hoë-tempo- tennisspelle en bewegings vir spelers van alle vermoë- en fiksheidsvlakke gebruik en musiek, hartklopmonitors en laedruk- Cardio Tennis-balle inkorporeer.

Cardio Tennis is ’n amptelike ITF Tennisfiksheidsprogram wat deur die Tennis Industry Association in die VSA in 2006 ontwikkel is en ondersteun word deur die amptelike tennisfederasies van Australië, Engeland, Kanada, Duitsland en Japan. Dit is tans aktief in 30 lande.

Cardio Tennis kan beskryf word as TENNIS OP STEROÏDE en is ontwerp vir alle ouderdomme, vermoë- en fiksheidsvlakke.

Gedurende ‘n tipiese Cardio Tennis-sessie sal jy ‘n opwarming- en drilsessie, spelle en afkoelsessie hê. Deelnemers se vordering word gemonitor deur ‘n Polar Heart Hartklopmonitor. Hier verskaf die afrigter deurlopende terugvoer aan die deelnemers oor watter oefensones hulle hul in bevind.

Na afloop van die uur se oefening ontvang elke deelnemer ‘n e-pos wat inligting bevat oor sy/haar oefensessie, via ‘n spesiaal-ontwikkelde Polar-app.

Cardio Tennis het ‘n vennootskap met Discovery aangegaan, waar jy Vitality-punte by sekere afsetpunte kan kry wat amptelik deel van Cardio Tennis is.

Cardio Tennis Suid-Afrika (Edms Bpk) is die amptelike verskaffer van Cardio Tennis in Suid-Afrika en ons is besig om dit by tennisklubs regdeur die land te ontplooi, in samewerking met Tennis Suid-Afrika.

Cardio Tennis-oefensessies word aangebied by Brooklyn – en Flamingo Tennisklub in Pretoria en ons is besig om dit by ander klubs in Johannesburg en Pretoria te ontplooi.

Ondersteuning en opleiding word aan afrigters verskaf en as jy geïnteresseerd is in ‘n demonstrasie-sessie of meer inligting verlang, skakel asseblief met Jacques Pretorius by jacques@cardiotennissa.co.za, of 061 6163 764, of besoek ons webblad by www.cardiotennissa.co.za, of die Cardio Tennis Suid-Afrika-Facebook-bladsy, of volg my op Twitter @CardioJacques.

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad