Diabetes Resep

1 Januarie 2014

diabetes friendly recipeVan goeie gesondheid gepraat…in hierdie episode gesels Moria met dieetkundige Ria Catsicas, wat demonstreer hoe om eenvoudige, diabetes-vriendelike resepte voor te berei uit haar boek The Complete Nutritional Solution to Diabetes. Hierdie watertand resepte sal beslis help om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer. Hier volg die volle resep…

Lensie gebak
Bedien 6 – 8
200g per porsie

– 500g botterskorsie, in blokkies gesny.
– 15ml (1 eetlepel) olyf- of canola olie.
– 2x 410g blikkies bruin lensies (gedreineer en afgespoel).
– 10ml (2 teelepels) paprika.
– 3ml (½ teelepel) rooipeper.
– 5ml (1 teelepel) komyn poeier.
– 10ml (2 teelepels) kerriepoeier.
– Sout en peper na smaak.
– 125ml (½ 410g blik) heel tamaties, gedreineer en fyngedruk.
– 50g tamatiepasta.
– Knippie suiker.
– 3 eiers.
– 125ml (½ koppie) vetvrye melk.

Metode

1. Voorverhit die oond teen 180°C.
2. Kook die botterskorsie in ‘n bietjie water tot gaar. Druk fyn tot ‘n growwe tekstuur en sit eenkant.
3. Verhit die olie in ‘n pan en soteer die ui tot deurskynend maar nie bruin.
4. Voeg die lensies, speserye, fyngedrukte tamaties, tamatiepasta en suiker. Meng goed.
5. Voeg fyngedrukte botterskorsie by die lensie en tamatie mengsel.
6. Geur met sout en peper.
7. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde, oondvaste bak of broodpan.
8. Klop die eiers en melk en gooi dit oor die mengsel. Maak klein holtes om toe te laat dat die eier die lensie mengsel deurdrenk.
9. Bak teen 180°C vir 30 minute of tot gestol en bruin bo-op.
10. Bedien met gestoomde groenbone en gekookte beet op roketblare en groentesop.

Voedingswaarde per porsie

  • Energie 751 kJ
  • Koolhidrate 20g
  • Proteïene 12g
  • Vet 5g

Diabetes recipe

Moria chats to dietician Ria Catsicas as she demonstrates a few simple, diabetic friendly recipes from her book “The Complete Nutritional Solutions to Diabetes”. These delicious recipes, ranging from breakfast through to dessert, will help to keep your blood sugar levels stable.

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad