Donna Kennedy-Meyer

fashion donna part 1 1Daardie klein swart nommertjie is seker een van die bruikbaarste items wat ‘n vrou in haar hangkas kan hê. Ons gesels met die altyd elegante en betowerende stilis Donna Kennedy-Meyer oor ‘n paar idees om die tydlose, klassieke stukkie kleredrag ‘n verskeidenheid voorkomste vir verskillende geleenthede te gee.

Donna Kennedy-Meyer is sedert 2004 ‘n bekende voorkoms-konsultant in Suid-Afrika. Met ‘n lys van bekende kliente geniet sy konsultasies met huisvroue, besigheidsmans, -vroue, studente, korporatiewe maatskappye net soveel soos met die bekendes.  Soos sy dit stel: “Almal hou van komplimente. Komplimente bou selfvertroue. Hoekom dan nie die beste lyk wat jy kan wees nie? Of dit nou is by die huis, by die werk, tussen jou vriende of net as ‘n ma. Dit het ‘n effek op soveel sfere van jou lewe.” Besoek gerus haar webtuiste vir meer inligting: www.donnakennedymeyer.com

082.870.3333

Info@donnakennedymeyer.com

Author: Maatband

Share This Post On