Dr Riekie Smit

Dr Riekie Smit

MBChB (UOFS). MSc Sports Medicine(Pret)

Na haar mediese studies by die Universitiet van die Vrystaat, het Dr Riekie sportgeneeskunde gespesialiseer by Pretoria Universiteit. Sy het sedert haar voltooing van haar studies ‘n privaat praktyk en mediese spa in Pretoria en Alberton. Dr Riekie het dan ook verskeie Estetiese en Teenverouderings sertifikate en kursusse voltooi in Europa, meestal Frankryk.

Haar fokus van haar praktyk is estetiese en teenverouderings medisyne. Dr Riekie Smit is die president van die Estetiese en Teenverouderings Vereniging van Suid Afrika (AAMSSA) en is ook die presidents lid wat Suid Afrika verteenwoordig op die Internasionale Vereniging van Estetiese Medisyne wat uit 28 lande bestaan.

Sy is die organiseerder van die jaarlikse Estetiese Medisyne Kongres van Suid Afrika vir dokters en skryf ook vele artikels en mediese publikasies. Dr Riekie het ‘n passie vir navorsing en is tans besig met ‘n paar studies. Sy doen tans opleiding vir dokters internasionaal en lokaal en dien as mediese adviseer vir ‘n paar mediese maatskappye.

Dr Smit word gereeld genooi as spreker by lokale en internasionale kongresse en haar ervarings veld is chemiese afskilferings, mesoterapie en verjonging van die gesig met teenverouderings inspuitings en behandelings. Sy het saam met ‘n universiteit, die FPD, die eerste nagraadse diploma in Estetiese medisyne in Suid Afrika ontwikkel wat hierdie jaar begin het.
Maar, die belangrikste van als, sy is ‘n trotse vrou en ma van 2 pragtige kinders en nog 1 oppad!

http://www.vivacite.co.za – Tel: 012 567 1313 / 012 567 1310

 

Author: Maatband

Share This Post On