Erge Aknee

Severe acne 2Ons het inligting oor die jongste toonaangewende behandeling vir diegene wat met erge aknee sukkel. Fotodinamiese terapie (PDT) bied ‘n veilige alternatief vir sterk medikasie wat dikwels met onaangename newe-effekte gepaard gaan.

Erge aknee kan geweldige skade aan jou selfbeeld en ook jou vel doen. Daarom kyk ons in hierdie episode na die behandelings opsies vir erge aknee.

Dr ChantelleDr Chantelle Doman bespreek die voordele sowel as die new-effekte van voorskrif medikasies en Dr Riekie Smit wys vir ons die behandeling van erge aknee met PDT-ALA terapie.

PDT-ALA is ’n mediese behandeling wat die bakteriee vernietig en terselfde tyd ook die olie produksie verminder, poriee kleiner maak en die vel kwaliteit verbeter.

Die resultate is binne ’n maand sigbaar en kan tot en met 2 jaar vir jou ’n verligting van aknee gee.

Daar is verskeie dokters landswyd wat hierdie behandeling kan doen. Die PDT-ALA word ook gebruik vir son skade en vir son vel kankers, met net ’n ander lig golf lengte.Dit bly steeds belangrik dat jy ’n dokter moet gaan sien om jou vel kondisie te evalueer voor die regte behandeling gekies word.
Maar spoedige behandeling word voorgestel om die merke wat dit nalaat te voorkom.

Dr Chantelle Doman
Dermatoloog

Ek is ‘n dermatoloog in privaat praktyk vir meer as sewe jaar en behandel patologiese veltoestande. Ek doen ook kosmetiese dermatologie en is ‘n direkteur van die LCM vel en laser kliniek in Brooklyn Pretoria.

Ek het al verskeie artikels vir mediese joernale, apteke en tydskrifte geskryf. Ek is ‘n lid van die Suid Afrikaanse Dermatologie vereniging en die Suid Afrikaanse Dermatologie Chirurgie vereniging sowel as DASIL wat ‘n Amerikaanse vereniging is.

Dermatologie is my passie en dis ‘n seën van God om elke dag te doen waarvoor ek lief is! Iemand het gesê: If you love what you doing its like never working a day in your life”

Unitas Hospitaal
Lifestyle Management Park, Kamer 225, Cliftonlaan Pretoria
Tel: 012 664 7495

Author: Maatband

Share This Post On