Estetiese oplossing vir sakkerige vel

sakkerige vel 1Moria maak weer ‘n draai by dr Riekie Smit wat vir kykers raad het oor ‘n estetiese oplossing waarmee sakkerige vel met minimale ingryping styfgetrek en opgelig kan word. Spesiale mediese gare word onder die vel geplaas en lewer resultate vir periodes van vier tot 12 maande, terwyl dit ook die vorming van kollageen in die behandelde areas aanhelp.

Vir meer inligting oor die Silhouette Soft threads prosedure gaan na die webwerf
www.genop.co.za

Jy sal ook vind waar die naaste opgeleide dokter is aan jou op die webwerf onder “Skin Care” en dan “Medical Devices”

Author: Maatband

Share This Post On