Geskiedenis

01 April 2015

Maatband is weer terug vanaf die 7de Julie om 17h30 met ‘n splinternuwe reeks, propvol nuwe idees en informasie oor hoe om beter te voel en lyk.
Die Maatband span is vreeslik opgewonde om ons kykers deel te maak van die reeks, so as jy voel jy het ‘n “Make Over” nodig, of jy ken iemand wat dit nodig het, is dit nou jou kans om in te skryf. Stuur n vol lengte foto, en ‘n kort opsomming hoekom jy voel jy die “Make Over” verdien na info@maatband.com. Ons gereelde span staan slag gereed om jou pragtig te maak.

27 Desember 2013

Maatband, Suid-Afrika se gunsteling gesondheids- en skoonheidsreeks, is terug op TV vanaf 1 Januarie 2014.

In elke episode verskaf hulle inligting oor ’n lae-koolhidraatdieet. Hierdie manier van eet sal jou help om sommer gou van oortollige gewig ontslae te raak, en boonop sal jy gesond en lewenslustig voel.

Filorga is weer terug, en saam met Dr Riekie Smit, sal ons ‘n reeks prosedures sien, soos vullers wat ’n voller voorkoms aan ’n pasiënt se ken gee, ’n prosedure wat die plooie op ’n pasiënt se voorkop gladder maak en veel meer.

Sontal is die derde borg, en hulle fokus op veroudering, en ‘n opwindende nuwe produkreeks wat spesifiek op ouer mense gemik is. Daar is ook diabetes-vriendelike resepte, permanente grimering, Moria se Tuisraad Wenke, kragbelaaide oefensessies, bors-“facials”, ’n Aerial Yoga-klas, Osoonbehandeling, sielkunde agter gewigsverlies… en baie meer.

23 Junie 2013

Maatband, Suid-Afrika se gunsteling gesondheids- en skoonheidsreeks, is terug op TV met ’n opwindende, krag-belaaide reeks episodes…met skop! Moria Sewald – borrelend en propvol lewenslus soos altyd – ondersoek weer eens die nuutste, toonaangewende tendense op die gebied van jeugdigheid, slankheid en skoonheid. Hier is ‘n voorsmaak…

Hierdie seisoen sien ons hoe ’n gelukkige kyker, Esme, ’n dramatiese mooimaaksessie ondergaan aan die hand van Maatband se eie estetiese spesialis, dr. Riekie Smit. Met behulp van Fraxel-behandeling, vullers en ander baanbrekers-behandelings en -produkte word sy getransformeer. Esme ontvang ook ’n splinternuwe stel skitterende tande by dr. Jurgens Grove en sy 12Smile-span.

Esme het rede om te glimlag. Sontal bied aan haar al die nodige aanvullings en raad vir ’n gesonde gewigsverliesprogram terwyl mooimaaksessies deur Ria Strauss van Colour Me Beautiful en Claire Greyling van Inside Out Hair in Vereeniging, sorg dat haar haarstyl, grimeerroetine en algehele voorkoms omskep word.

Soos altyd, sal Moria met mediese kenners gesels oor ’n wye reeks onderwerpe wat snork-probleme, inkontinensie, gehoorverlies en prostaatgesondheid insluit. Maatband sal ook insetsels aanbied propvol wenke vir ’n blakende, vleklose gelaatskleur; die kollig sal val op Filorga se mesoterapie, PDT-behandeling vir aknee, vullers wat daardie moeë uitdrukking op jou gesig kan wegtoor asook natuurlike alternatiewe soos akupunktuur-ontrimpeling wat uiters belowende resultate lewer. Daar is ook iets vir die manne; ons gesels met dr. Cobus Van Niekerk oor eenvoudige, dog effektiewe velsorgmetodes vir mans.

Maatband bring ook vir jou inligting oor Primal Krav Maga, die nuwe, opwindende oefeningprogram wat Suid-Afrika aan die praat het. Krav Maga is die amptelike selfverdedigingsisteem en krygskuns van die Israelse weerwag; dit hou jou nie slegs superfiks nie, dit bemagtig jou ook om jouself teen gevaar te verdedig. Kyk ook uit vir immergroen, gewilde onderwerpe soos Nia-dansklasse, lag-joga en hoe om tatoeëring te verwyder.

Beplan jy om vanjaar die knoop deur te haak? Maak dan seker dat jy Susan Smit, van die tydskrif My Wedding Day, nie misloop nie. Sy gee kennersraad oor hoe om die volmaakte troue te beplan – selfs vir bruide wat vir die tweede keer voor die kansel gaan staan.

Maak dus elke Woensdag om 17:30 ’n afspraak met Maatband op kykNET, kanaal 144. Heruitsendings vind op die volgende tye plaas:

Donderdae 10:30; Vrydae 14:00; Saterdae 16:00 en Dinsdae 22:00.

1 Oktober 2012

Maatband kom terug!

Die somer is op hande en so ook die nuwe Maatband reeks wat in samewerking met Hooper Productions aangebied word deur die sprankelende Moria, teen die tyd al ‘n ou bekende in jou voorkamer.

Moria spring sommer volstoom weg  met die nuwe Maatband reeks en kyk, as daar al ooit ‘n geheim was om gewig te verloor;  wat jou nie enige iets belet of ontneem het nie en dit boonop sonder dat jy jou leefstyl hoef aan te pas, beskou Moria dit as haar plig om haar mede susters hieroor in te lig.

Watter van ons vrouens stel nie maar belang in die nuutste teenverouderingsprodukte op die mark nie?In samewerking met Filorga word mooi mooier en draai ons die jare weer terug!

1.2SMILE

In dieselfde asem is daar van die asemrowendste ‘make overs’ onder die bekwame hande van Dr Grove by 12Smile wat vaal muurblommetjies in die mooiste swane omtower. Meer inspirasie het ‘n mens verseker nie nodig nie! Dit gee jou net weer soveel dryfkrag om self weer aandag te gee aan hoe jy lyk en hoe jy jouself versorg. Daar is ongetwyfeld iets moois in elkeen van ons te vinde!

Moria kom in voeling met haar oersusters as sy haar hande aan drumming waag, jy moet daar wees om dit te ervaar, hoor!  Ritme of nie, elkeen kan hieraan deelneem en wat ‘n wonderlike manier om ook van die alledaagse stressors ontslae te raak! Drumming raak ook toenemend gewild vir korporatiewe spanbou sessies en dis nie moeilik om te sien waarom nie!
Soos ons Moria teen die tyd ken, weet ons sy skroom nie sommer weg van ‘n nuwe uitdaging nie. Sy waag haar hand hierdie keer aan Boogskut en kom tot die besef hoeveel konsentrasie en tegniek dit regtig verg!  Boogskut is lankal nie meer net ‘n sport vir mansmense nie hoor, maar laat ek vinnig byvoeg, beslis ook nie vir sissies nie!
Met al die verskillende rolle wat ons vrouens daagliks as ma’s, susters, eggenote en vriendinne moet vertolk, kom ‘n mens net weer tot die besef dat elke vrou op ‘n Godgegewe wyse spesiaal en uniek geskape is. Om ons vrouwees te vier, gaan gesels Moria met Marianna van Niekerk oor die Vroulike Kurwe, wat met ‘n opsomming vorendag gekom het waarin sy elke vrou volgens ‘n vroulikheidskaal in 5 groepe verdeel. Jy leer dalk net ietsie nuuts oor jouself of jou vriendinne!

So van vroulikheid gepraat;  ‘n vrou is nou maar eenmaal nie ‘n vrou nie as ons nie ook na die uiterlike omsien nie, Kundiges op die gebied bring Moria op hoogte van die nuutste grimeerwenke en mode neigings. Is daar dan ooit iets lekkerders as vrou om mooi versorg te voel en te lyk en heerlik te ruik?

Maatband fokus egter nie net op die uiterlike nie en aktuele onderwerpe soos depessie, bipolêre gemoedsversteuring en slaaploosheid word ook aangespreek. Vir diegene wat aan enige van hierdie versteurings ly, is enige oplossing ‘n stappie nader aan ‘n meer produktiewe leefstyl.

Natuurlik is daar ook, soos altyd, heerlike kompetisies wat jou mond behoorlik gaan laat water ! So maak seker jy bly ingeskakel om in aanmerking te kom vir die wonderlike produkte en prosedures wat Moria beproef. Jy is dalk net die volgende gelukkige kyker wat vir een van hierdie bederfies kan aanmeld!

1 April 2012

Maatband is terug en slaggereed om jou maer, warm en gesond deur die winter te kry met ‘n hele arsenaal vol interessante onderwerpe.

Agt deelnemers volg die Slender Wonder gewigsverlies program – hierdie keer met ‘n effense afwyking van hul gewone program. Kom kyk saam hoe hulle op ‘n spesiale “bootcamp” sessie dit uitsweet, spoed inkopies moet doen, kook kompetisies hou en selfs teen mekaar in ‘n Thai-skopboskryt moet meeding! Ons gesels met hul eggenote en sien hoe hulle mekaar uitstem totdat daar net een finale wenner oorbly.

Moria klim ook in die kryt wanneer sy haar hand, of eerder haar bokshandskoene aan Muay Thai, ‘n Thaise vorm van skopboks, waag!

Om jou borsgrootte te verander is vir elke vrou wat dit al ooit oorweeg het, so ‘n persoonlike besluit . Moria gaan vind meer uit oor al die moets en moenies en hoe om die regte grootte te kies wat by jou liggaam pas.

Ons probeer om niemand af te skeep nie en gaan kyk ook ‘n bietjie na ons tieners se velsorg en hoe belangrik dit reeds is om op daardie ouderdom in ‘n velsorgroetine te belê. Ons gaan stel ook ondersoek in oor wat presies elektromagneet terapie behels.

Moria kuier weer saam met bekendes, onder andere by Aletté Winckler voor die ooievaar haar en Heinz se tweede stel pienkvoete aflewer. Heinz word ook bietjie bederf wanneer hy amazwing saam met Moria op die proef stel.

So, van ons eksotiese reis na Thailand waar ons die wonderlikste spa’s besoek tot raad vir al daai rimpels en rekmerke, Maatband maak seker om julle op die hoogte van sake te hou!

Afgesien van ons opwindende weggeepryse elke week, het ons ook ‘n fantastiese prys vir een gelukkige paartjie wat in weelde sal reis om die wêreld te gaan verken.

Moet dus nie jou afspraak met Maatband in ons nuwe tydgleuf misloop nie, elke DONDERDAG om 17:30 net hier op kykNET – sien jou dan!!

1 Oktober 2011

Kan jy glo, hier staan ons al weer op die vooraand van die volgende Maatband reeks met iets vir die hele gesin, van jou man tot jou kind en ja selfs ou Wagter se gesondheid gaan nie afgeskeep word nie.

Of jy nou geinteresseerd is in prosedures soos plastiese chirurgie of iemand is wat meer belangstel in alternatiewe behandelings, ons gaan ondersoek en beproef alles en nog wat.

Moria gaan gesels met kenners oor die meer ernstige onderwerpe soos prostaat- en bors gesondheid. In dieselfde asem sorg ons vir balans en wys weer ietsie vir die manne wat hul harte vinniger sal laat klop en wat boonop sag op die oog is! As jou nuuskierigheid geprikkel is, mooi so, want jy gaan ongelukkig moet wag en kyk!

Kom raak groen en word bewus van die uitwerking wat skadelike bestanddele, wat in ons alledaagse huishoudelike produkte voorkom, op die natuur en onsself het. Dit stop nie daar nie, ons leer ook meer oor die gesondheidsvoordele wat organiese ongeprosesseerde kosse vir jou gesin kan inhou.

Daars meer, en hiervoor gaan jy kietsregop moet sit, want het jy geweet dat jou lyftaal en gesigsuitdrukkings dalk heelwat meer van jouself verklap as wat jy sou wou hê? Nogal skrikwekkend!

Manne, maak seker julle vrouens se kerskouse word betyds opgehang vir die heerlikste geskenk idees wat Moria gaan verklap.

Van Desember gepraat, ons hou makietie, maar nie voor ons toekomstige bruid behoorlik in haar nommerpas trourok pas met die hulp van Slender Wonder wie haar tree vir tree deur die reeks gaan bystaan – jy sal verseker nie haar vordering, struikelblokke en oorwinnings na haar groot dag wil misloop nie.

Die keer gaan beproef Moria allerhande volksvreemde vorme van oefen wat nie net die tong nie, maar terselfdertyd die lyf ook laat knoop!!! Moria en oefening beteken net een ding, VET PRET!!

Soos gewoonlik gaan snuf