Goeie liggaamsbeeld

liggaamsbeeld 1Ons kyk ook hoe belangrik dit vir jong tieners is om ‘n goeie liggaamsbeeld te ontwikkel. Ons maak kennis met ‘n konsultant wat jong vroue help om hul natuurlike liggaamsvorm te aanvaar en daaraan te werk eerder as ekstreme en gevaarlike diëte wat soms selfs tot anoreksia en bulimie kan lei.

My naam is Claudine en ek het ‘n groot passie vir jong meisies wat sukkel met hulle voorkoms, onderandere hoe om aan te trek vir hul lyf tiepes, en hoe om goed oor hul self te voel in hierdie wêreld wat so fokus op voorkoms en gewig.

My passie onstaan uit my eie ervaaring met swak selfbeeld omdat ek nie ‘n size twee is nie en ek voel asof al die mooi klere in die winkels net gemaak is vir maer lyfies. Tot ek ontdek het dat ek ‘n seker tipe lyf het en ek klere moet kies wat my beste fasette beklemtoon! Mens se lyf het sy eie persoonlikheid en as jy hom goed behandel kry jy goeie resultate en as jy hom verstaan en leer ken sal jy beter, voel, lyk en antrek!

As jy ‘n tiener is of ‘n tiener het wat sukkel met selfbeeld en eie styl, kom ek gerus na jou huis toe en kom gee jou en jou kas ‘n makeover!

Kontak my gerus op: 083 641 1424
Epos adres: claudinevandermerwe@gmail.com
En like my facebook blad: “Boeremeisies”

Author: Maatband

Share This Post On