Heuning en Kaneel

IMMUUNSISTEEM:

Daaglikse gebruik van heuning en kaneel bou die immuunsisteem op en beskerm die liggaam teen bakterieë en virale aanvalle. Wetenskaplikes het bevind dat heuning groot hoeveelhede van verskillende vitamienes en yster bevat. Gereelde gebruik van heuning versterk die witbloedselle om bakterieë en virale infeksies te beveg.

OPTIMALE LANGSLEWENDHEID (LONGEVITY):

Tee wat met heuning en kaneel gemaak word en gereeld gedrink word, vertraag die verouderingsproses. Neem 4 lepels heuning, 1 lepel kaneelpoeier en 3 koppies water en kook normaal soos wat tee voorberei word. Drink ¼ koppie, 3 tot 4 keer per dag. Dit hou die vel vars en sag en vertraag die verouderingsproses.

SLEGTE ASEM:

Inwoners van Suid-Amerika gorrel soggens heel eerste met warm water waarin een teelepel heuning en kaneelpoeier gemeng is. So bly hulle asem die heel dag vars.

KANEEL EN HEUNING FORMULE VIR GEWIGSVERLIES:

Dit moet saans voor slapenstyd voorbei word.

Gebruik 1 deel kaneel tot 2 dele rou heuning. ‘n ½ teelepel kaneel tot 1 teelepel heuning word aanbeveel; meer of minder is toelaatbaar solank die ratio 1 tot 2 is, bv. 1 teelepel kaneel tot 2 teelepels rou heuning is ook toelaatbaar.

  • Kook 1 koppie water (250ml).
  • Gooi water oor die kaneel, bedek dit en laat dit vir ‘n halfuur staan.
  • Voeg heuning by sodra dit afgekoel is. Moet nooit heuning byvoeg as die water warm is nie aangesien die hitte ensieme en ander nutriente in die rou heuning sal vernietig.
  • Drink die helfte hiervan net voor slapenstyd. Die ander helfte moet bedek word en in die yskas gebêre word.
  • Die helfte wat jy oornag in die yskas gebêre het moet die volgende oggend gedrink word. Dit is belangrik dat jy die mengsel nie sal opwarm nie, maar sal drink teen kamertemperatuur of selfs koud.
  • Moet geen ander bestanddele by hierdie resep voeg nie, bv. suurlemoen, lemmetjie of asyn. Dit is onnodig om meer hiervan op ‘n dag te drink, dit is slegs effektief op ‘n nugter maag en hoofsaaklik saans.

Die meeste mense vind baat hierby. Sentimeters word verloor selfs al wys die skaal geen gewigsverlies nie. Hierdie program sal noemenswaardige verlies van sentimeters tot gevolg hê, maar jy sal ‘n plato bereik waar jy nie verder gewig verloor nie. Dit is as gevolg van die feit dat die kaneel en heuning ‘n reinigingseffek in die verteringskanaal tot gevolg het waar parasiete, fungi en bakteriëe die verteringsproses vertraag wat die opbou van gifstowwe veroorsaak (verlaag pH). Sodra die verteringskanaal gereining is, sal jy heel waarskynlik ‘n afname in gewigsverlies ervaar.

Ander newe effekte kan tydens hierdie reiningingsproses ervaar word as gevolg van die gifstowwe wat uitgeskei word. Indien dit gebeur, skaal die hoeveelheid wat jy gebruik af, of neem eers ‘n breuk.

ARTRITIS:

Artritis lyers mag daagliks (soggens en saans) een koppie warm water met 2 lepels heuning en een klein teelepel kaneelpoeier neem. Indien dit gereeld ingeneem word, kan dit selfs kroniese artritis genees.

Onlangse navorsing deur die Copenhagen Universiteit het getoon dat indien geneeshere hul pasiënte, soggens voor ontbyt, met ‘n mengsel van 1 teelepel heuning en ‘n ½ teelepel kaneelpoeier behandel, ongeveer 73 pasiënte uit die 200 mense wat behandel is, algehele verligting van pyn ervaar het. Binne ongeveer een maand kon die meeste pasiënte wat as gevolg van artritis nie meer kon loop of rondbeweeg het nie, weer sonder pyn, begin loop.

BLAASINFEKSIES:

Drink ‘n glas louwarm water waarin 2 eetlepels kaneelpoeier en 1 teelepel heuning opgelos is. Dit vernietig alle kieme in die blaas.

VEL INFEKSIES:

Smeer heuning en kaneelpoeier in gelyke dele aan geaffekteerde dele van die vel. Dit genees ekseem, omlope en alle tipes vel infeksies




Author: Maatband

Share This Post On