Hormone en gewigsverlies

hormones fat 1As jou dieet en oefening geen impak op jou gewigsverliesprogram maak nie, moet jy vandeesweek op Maatband inskakel. Ons gesels met dr Nathali Morrow oor die invloed wat hormone op jou gewig het, ‘n aspek wat dikwels uit die oog verloor word.

Hormone is chemiese boodskapdraers van een deel van die liggaam na ‘n ander. Alle hormone beinvloed gewig in een of ander vorm. Hormone verander met veroudering en word deur stress beinvloed.

‘n Hormoonwanbalans beinvloed gewig deur “cravings” en moegheid te veroorsaak wat oefening voorkom, aptyt te affekteer en spiermassaverlies veroorsaak. Hormone kan getoets word en in balans gestel word deur die gebruik van korrekte aanvulings.

Adrenale/Stress Hormone

Stress lei tot ongebalanseerde adrenal hormone. Hoe kortisool vlakke lei tot die stoor van vet om die maag, “love handles” & heupe en ‘n afname in spiermassa. Moegheid & uitputting, “cravings” vir stysel & soetigheid. Slaappatrone word beinvloed (wat lei tot lae leptienvlakke) & afname in wilskrag om stysel te weerstaan. Hoe kortisoolvlakke is soos om daagliks kortisoon te neem wat baie slegte neweffekte op die liggaam het, afgesien van die gewig.

Vroulike Hormone

‘n Wanbalans tussen Estrogeen & Progesteroon kan gewigstoename tot gevolg he, veral as die Estrogeenvlakke verhoog is. Ons ondersoek die “ratio” tussen die twee hormone & as daar wel ‘n wanbalans is, sal waterretensie & gewigstoename om die maag en heupe plaasvind. Progesteroon is ‘n vetverbrander en werk ook soos ‘n waterpil en vlakke daal a.g.v. ‘n stressvolle lewensgebeurtenis/kroniese stress. Dit voorkom ook angstigheid, depressie & slaaploosheid.

DHEA

Lae DHEA veroosaak verswakte spiere, vetverbrandingsproses neem af en veroorsaak ‘n wanbalans van die stresshormone. DHEA voorkom “cravings” vir vetterige kossoorte & lae vlakke verhoog die risiko van allergiee en autoimuunsiektes.

Manlike Hormone

Testosteroon verhoog spiermassa & verlaag insulienvlakke. Estrogeenvlakke verhoog met veroudering in mans en veroorsaak maagvet en kan “manlike borste” tot gevolg he.

Insulien

Hoe vlakke van insulien & insulienweerstandigheid plaas die liggaam in “stoor” en verhoog die vet persentasie. Insulienweerstandigheid verhoed die liggaam se funksie om serotonien te vervaardig – lae serotonien vlakke veroorsaak “cravings” vir stysel & sjokolade.

Tiroid/Skildlklier

Die tiroid hormoon reguleer stysel, proteine & vetmetabolisme. ‘n Onderaktiewe skildklier (lae tiroid hormoon) kan lei tot ‘n toenamee in gewig of dit baie moeilik maak om wel gewig te verloor, asook ‘n afname in vetverbranding ten tye van rus (lae BMR)”.
Ander baie belangrike hormone wat gewig beinvloed is: “leptin, adiponectin, ghrelin”, en vitamien D. Ander faktore soos tekorte van vitamienes, minerale & aminosure kan ook die hormone beinvloed.

Dit is belangrik om ‘n “Integrative/Functional” mediese praktisyn te besoek wat opgelei is om die hormone te analiseer vanaf ‘n gesondheids aspek om optimale vlakke te handhaaf en om na al die hormone te kyk en te balanseer.

Vir bloedtoetse & hormoon-gewig konsultasies: info@drmorrow.co.za

Dr Nathali Morrow
Cell: 082 325 7541
Tel: (012) 347 4006
Fax: 086 622 8442

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad