Lynne de Jager

Lynné de Jager, Mev SA 2011/12 is ‘n regte vrou met kurwes op al die regte plekke. Sy het ‘n doelgerigte waardestelsel en floreer op nuwe uitdagings. Sy woon in Pretoria waar sy haar tuiste met haar grootste ondersteuner, vriend en vennoot, Wilhelm de Jager, deel.

Lynné gebruik haar ondervinding in die mode- en akteursbedryf om haar potensiaal en passie vir ‘n verskeidenheid goeie sake aan te wend. Nie net het sy ook al in ‘n paar musiekvideo’s opgetree nie, maar was ook al ambassadeur vir ‘n bekende gesondheids handelsnaam.

Lynné se droom en visie is om alle vrouens in Suid-Afrika te bemagtig en te inspireer. Haar ideaal is om die persepsie van wat ‘n ware vrou in die samelewing behels, te verander. Lynné glo werklik dat jou karakter en die grootte van jou hart belangriker as die grootte van jou klere is!

Buiten haar toegewydheid aan hierdie saak wat haar so na aan die hart lê, besit Lynné ook ‘n groot liefde vir kinders. Hierdie liefde leef sy uit deur haar betrokkenheid by die “Hunger & Thirst Foundation”. Vir Lynné is haar welsynswerk net deel van haar lewensreis en put sy soveel maal meer hieruit as wat sy daarin ploeg.

Met soveel ysters in die vuur, besit sy boonop ook haar eie laser sny- en grafiese ontwerp maatskappy, Lollipop ideas.

Vir meer besonderhede besoek www.lynnedejager.co.za

Author: Maatband

Share This Post On