Reeks 4

Episode 13 – Donderdag 28 Junie 2012 om 17:30

Die Slender Wonder kandidate is na baie wroeging en harde werk uiteindelik in die pylvak… ons loop die laaste pad saam met hulle en vergelyk almal se verliese.
Die gelukkige wenner van die Thailand kompetisie word aangekondig, maak dus seker jy sit langs die telefoon net vir ingeval jy die wenner is!
Vroeër in die reeks het ons vir julle gewys hoe om jou borsmaat met inplantings te vergroot. Ons gaan kyk na laser behandeling wat op ‘n vinniger en makliker manier weer vorm aan jou borste kan gee.

Episode 12 – Donderdag 21 Junie 2012 om 17:30

Daar bestaan maar baie onsekerheid oor endometriose en die simptome hiervan. Moria gaan vind uit wat presies dit is en wat die gevaartekens is om voor uit te kyk.
Vergeet van al die outydse reëls wanneer dit by haarstyle vir vrouens ouer as 50 kom. Ons sit weer woema terug in jou hare en wys julle ‘n paar moderne opsies van haarstyle wat vir meer volwasse dames geskik is.
Daar is hoop vir diegene van julle vir wie vetsug ‘n realiteit is. Moria gaan stel vas wat die fisiologiese redes rondom vetsug is.

Episode 11 – Donderdag 14 Junie 2012 om 17:30

Ons raak intiem met die Tydskrif Intiem oor persoonlike kwessies.
Ons speel uiteindelik met behulp van coolsculpt, met daardie vetrolletjies klaar!
Dit is weer tyd om te kyk waarmee die Slender Wonder kandidate hulle deesdae besig hou. Ons gaan loer by hulle in om te kyk wie ‘n bietjie motivering of inspirasie nodig het!

Episode 10 – Donderdag 07 Junie 2012 om 17:30

Alhoewel 40 miskien die nuwe 30 is, help hierdie houding jou nie juis wanneer dit by haarstyle kom nie – dit is nog steeds nodig om te sorg dat jou haarstyl jou vlei en by jou ouderdom pas.
Morné Steyn is welliswaar ‘n groot man met ‘n nog groter hart! Welsynswerk lê hom na aan die hart en Moria gaan vind uit waarby hy betrokke is en hoekom hy dit doen.
9 uit 10 paartjes ondervind deesdae probleme met infertiliteit. Moria gesels met ‘n paar kenners om uit te vind wat die moontlike oorsake van hierdie hartverskeurende toestand kan wees en gaan stel ondersoek in na behandelings wat tans op die mark is.

Episode 9 – Donderdag 31 Mei 2012 om 17:30

Die Slender Wonder deelnemers se eggenote is onder die spervuur wanneer hulle in ‘n vasvrae betrokke is.
Daar is soveel wat nog gesê kan word oor ons voete en hoe belangrik dit is om na hulle om te sien. Nie alleen vir teenveroudering maar ook die belangrike rol wat hulle in ons algemene gesondheid speel.
Desmond Roux wys ons hoekom dit nodig is om te sorg dat jou haarstyl jou vlei en by jou ouderdom pas. Vandag is dit die beurt van die 20’s en 30’s. En ons ontmoet drie jong Afrikaanse dames in Thailand wat die nuutste modes uitsoek

Episode 8 – Donderdag 24 Mei 2012 om 17:30

Die tyd het aangebreek om die Slender Wonder deelnemers se fiksheid te toets en hiervoor is skopboks net die ding wat hulle nodig het. Sweet gaan hulle sweet!
Om met diabetes saam te leef kan ‘n uitdaging wees, maar ons deel ‘n paar lekker resepte met julle wat dit makliker maak en boonop kan die hele gesin hierby baatvind.
Ons skop skoene uit en spandeer tyd aan die versorging van ons voete wat ons so geneig is om af te skeep.

Episode 7 – Donderdag 17 Mei 2012 om 17:30

Die Slender Wonder deelnemers hou vasvrae kompetisie en ons sal gou genoeg sien of hulle tot dusver mooi opgelet het wanneer dit by hul gesondheid kom!
Rekmerke – almal van ons haat dit, maar die meeste van ons het dit!!! Moria gaan kry raad oor hierdie kondisie sodat ons dit beter kan verstaan asook leer hoe om dit effektief te behandel.
Ons stel magnete op die proef en sien hoe elektromagneet terapie allerhande skete of pyne kan behandel.

Episode 6 – Donderdag 10 Mei 2012 om 17:30

As mens ‘n onfikse leefstyl vir ‘n meer gesonde en gebalanseerde een verruil, het jy soms ‘n bietjie hulp nodig. Hiervoor kan ‘n Biokinetikus van groot waarde wees en dit is presies wat Moria vir die Slender Wonder deelnemers in gedagte het.
Kom verloor gewig met Tonalin – hierdie wonderproduk kan ongelooflike voordele vir jou inhou.
Ons gaan kyk na oefening vir mammas waar jou stootwaentjie as jou eie persoonlike oefenaparaat gebruik kan word en as bonus kom baba saam vir die pret en dit terwyl jy jou oefening vir die dag inkry. En ons maak ‘n Oosterse draai wanneer ons al die wonderlike Spa’s in Thailand besoek.

Episode 5 – Donderdag 03 Mei 2012 om 17:30

Kort jy bietjie huppel in jou stappie? Dan is Kangoo boots net die ding vir jou – boonop voorkom dit gewrigsbeserings en dis pret om op so ‘n manier rond te hop en oefening in te kry.
Moria gaan vind ook meer uit oor die verskillende tipes chemiese afskilfering metodes wat daar bestaan en help jou om die regte behandeling vir jou vel te kies.
En Ria Nel besoek die Slender Wonder deelnemers.

Episode 4 – Donderdag 26 April 2012 om 17:30

Velsorg is nie net vir volwassenes bedoel nie, deur reeds op ‘n vroeë ouderdom na jou vel om te sien, sal jy beslis die vrugte daarvan pluk as jy ouer word.
Amazwing is ongelooflik – Moria het vir Heinz Winckler uitgenooi om saam met haar hierdie adrenalien belaaide sport te kom probeer.
Die pot kook oor wanneer die Slender Wonder deelnemers kompetisie in die kombuis hou, en hier spat die vonke behoorlik!

Episode 3 – Donderdag 19 April 2012 om 17:30

Wil jy ook eet wat jy wil, soveel jy wil en wanneer jy wil? Het jy geweet jou onderbewussyn kan jou daarmee help? Ons gaan kry insae oor wat hipnoterapie vir jou kan beteken.
Peptan hou ongelooflike gesondheidsvoordele vir jou in. In hierdie week se episode van Maatband verfris ons net weer jou geheue oor wat kollageen vir jou kan doen.
Pilates is nie net tydens swangerskap goed om jou liggaam vir die geboorteproses voor te berei nie, dit help ook om weer jou lyf na die geboorte van jou baba, vinniger terug te kry. Moria het by Aletté Winckler gaan hoor hoe hierdie vorm van oefening haar gedurende swangerskap gehelp het. En ons gaan kyk of die Slender Wonder deelnemers weet hoe om slim inkopies te doen wat ekstra punte in hul sak kan beteken.

Episode 2 – Donderdag 12 April 2012 om 17:30

Ongeag die rede waarom jy jou borste wil laat vergroot, is dit steeds belangrik om seker te maak dat jy al die regte vrae gevra het om ‘n suksesvolle resultaat te verseker.
Jy het nou al elke boereraat onder die son probeer – van rooibostee-sakkies op die oë, tot gevriesde komkommerskywe, maar daardie kringe onder die oë wil maar net nie verdwyn nie. Klink dit bekend? Moria gaan gesels met Dr Riekie om die oorsake hiervan vas te stel.
Die Slender Wonder deelnemers moet hulle staal wys wanneer hulle met vernuf en ratsheid die ander deelnemers op ‘n hindernisbaan moet uitoorlê – en soos hulle sê, grootte is nie alles nie !!

Episode 1 – Donderdag 05 April 2012 om 17:30

Airbrush grimering is die nuutste modegier om grimering op ‘n moeitelose manier en met net ‘n paar egalige spuite, aan te wend.
Al ooit gehoor van ‘n gevegkuns waar jy toegelaat word om jou bene, knieë, elmboë en hande te gebruik om jou teenstaander plat te slaan? Met Mauy Thai gaan jy beslis jou storie moet ken as jy nie sleg tweede wil kom nie!
Ons ontmoet die splinternuwe deelnemers wat die Slender Wonder gewigsverlies program gaan aanpak, maar hierdie keer met ‘n verskil.