Maatband Reeks 7

Maatband, Suid-Afrika se gunsteling gesondheids- en skoonheidsreeks, is terug op TV vanaf 1 Januarie 2014 met ’n opwindende, krag-belaaide reeks episodes… met skop!

Moria Sewald – borrelend en propvol lewenslus soos altyd – ondersoek weer eens die nuutste, toonaangewende tendense op die gebied van jeugdigheid, slankheid en skoonheid.

In elke episode verskaf hulle inligting oor ’n lae-koolhidraatdieet. Hierdie manier van eet sal jou help om sommer gou van oortollige gewig ontslae te raak, en boonop sal jy gesond en lewenslustig voel.

Filorga is weer terug, en saam met Dr Riekie Smit, sal ons ‘n reeks prosedures sien, soos vullers wat ’n voller voorkoms aan ’n pasiënt se ken gee, ’n prosedure wat die plooie op ’n pasiënt se voorkop gladder maak en veel meer.

Sontal is die derde borg, en hulle fokus op veroudering, en ‘n opwindende nuwe produkreeks wat spesifiek op ouer mense gemik is.

Daar is ook diabetes-vriendelike resepte, permanente grimering, Moria se Tuisraad Wenke, kragbelaaide oefensessies, bors-“facials”, ’n Aerial Yoga-klas, Osoonbehandeling, sielkunde agter gewigsverlies… en baie meer.

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad