Maatband Terug Op kykNET 7 Julie

Maatband is weer terug vanaf die 7de Julie om 17h30 met ‘n splinternuwe reeks, propvol nuwe idees en informasie oor hoe om beter te voel en lyk.

Die Maatband span is vreeslik opgewonde om ons kykers deel te maak van die reeks, so as jy voel jy het ‘n “Make Over” nodig, of jy ken iemand wat dit nodig het, is dit nou jou kans om in te skryf.

Stuur n vol lengte foto, die stad waar jy bly en ‘n kort opsomming hoekom jy voel jy die “Make Over” verdien na info@maatband.com. Ons gereelde span staan slag gereed om jou pragtig te maak.

Maak seker jy kry jou inskrywing so gou moontlik in, want die sluitingsdatum is 10 April 2015.

Ek weet dit klink te goed om waar te wees en glo my hierdie is beslis nie n “April’s Fools” grappie nie. Ons sien uit na julle inskrywings.

Omrede die meeste van ons Dokters wat die “make over” sponser in Pretoria en Johannesburg gelee is, kan ons ongelukkig net inskrywings aanvaar van kandidate wat naby genoeg woon.

Author: Maatband

Share This Post On