Meisie en Mercia se transformasies

Seisoen agt van Suid-Afrika se gewildste gesondheids- en skoonheidsprogram het letterlik verbygesnel – en was dit nie ‘n wenseisoen nie! Buiten al die jongste gesondheids- en skoonheidsneigings wat in die kollig geplaas is, kon ons ook die merkwaardige metamorfoses van die pragtige ma-en-dogterspan Meisie en Mercia meemaak.

In hierdie finale episode van die seisoen kyk ons terug oor hul reis van die afgelope dertien weke en ons onthul ook hul dramatiese transformasies. Dr Riekie Smit sal kykers herinner aan al die verskillende gesigs- en lyfbehandelings en -prosedures wat hierdie twee ondergaan het om die beste resultate teen veroudering te kry – elk vir haar eie spesifieke behoeftes.

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad