15 Januarie 2014
Vervolgens lê Moria besoek af aan dr. Riekie Smit, wat met vullers ’n prosedure uitvoer wat ’n voller voorkoms aan ’n pasiënt se ken gee. Dit is verstommend om te sien hoe ’n eenvoudige prosedure wat tien-minute lank duur, die onderliggende struktuur van die gesig verander sodat groter balans aan die gelaatstrekke verleen word en ’n aantrekliker gesigsprofiel geskep word.