|
 |
Oor Maatband |
|
|
1 Oktober 2012
Maatband kom terug!
Die somer is op hande
en so ook die nuwe Maatband reeks wat in
samewerking met Hooper Productions aangebied
word deur die sprankelende Moria, teen die
tyd al ‘n ou bekende in jou voorkamer.
SOURCE HERBAL "MY
SECRET
Moria spring
sommer volstoom weg met die nuwe
Maatband reeks en kyk, as daar al ooit
‘n geheim was om gewig te verloor; wat
jou nie enige iets belet of ontneem het
nie en dit boonop sonder dat jy jou
leefstyl hoef aan te pas, beskou Moria
dit as haar plig om haar mede susters
hieroor in te lig.
Ons praat hier van Source Herbal se
“My Secret” dieet en soos ons Moria
ken, gaan die aap verseker uit die mou
gelaat word. Kom ons sê maar net die
volgende - dit kom as ‘n geskenk verpak
en dis die nuwe dieet
waaroor almal gaan praat…
FILORGA
Watter van ons vrouens stel nie maar
belang in die nuutste
teenverouderingsprodukte op die mark
nie?In samewerking met Filorga word mooi
mooier en draai ons die jare weer terug!
|
1.2SMILE
In dieselfde asem is daar van die
asemrowendste ‘make overs’ onder die
bekwame hande van Dr Grove by 12Smile
wat vaal muurblommetjies in die mooiste
swane omtower. Meer inspirasie het ‘n
mens verseker nie nodig nie! Dit gee
jou net weer soveel dryfkrag om self
weer aandag te gee aan hoe jy lyk en hoe
jy jouself versorg. Daar is ongetwyfeld
iets moois in elkeen van ons te vinde!
|
|
Moria kom in voeling
met haar oersusters as sy haar hande
aan drumming waag, jy moet daar wees om
dit te ervaar, hoor! Ritme of nie,
elkeen kan hieraan deelneem en wat ‘n
wonderlike manier om ook van die
alledaagse stressors ontslae te raak!
Drumming raak ook toenemend gewild vir
korporatiewe spanbou sessies en dis nie
moeilik om te sien waarom nie!
Soos ons Moria teen
die tyd ken, weet ons sy skroom nie
sommer weg van ‘n nuwe uitdaging nie.
Sy waag haar hand hierdie keer aan
Boogskut en kom tot die besef hoeveel
konsentrasie en tegniek dit regtig verg!
Boogskut is lankal nie meer net ‘n
sport vir mansmense nie hoor, maar laat
ek vinnig byvoeg, beslis ook nie vir
sissies nie!
Met al die
verskillende rolle wat ons vrouens
daagliks as ma’s, susters, eggenote en
vriendinne moet vertolk, kom ‘n mens
net weer tot die besef dat elke vrou op
‘n Godgegewe wyse spesiaal en uniek
geskape is. Om ons vrouwees te vier,
gaan gesels Moria met Marianna van
Niekerk oor die Vroulike Kurwe, wat met
‘n opsomming vorendag gekom het waarin
sy elke vrou volgens ‘n vroulikheidskaal
in 5 groepe verdeel. Jy leer dalk net
ietsie nuuts oor jouself of jou
vriendinne!
So van vroulikheid
gepraat; ‘n vrou is nou maar
eenmaal nie ‘n vrou nie as ons nie ook
na die uiterlike omsien nie, Kundiges op
die gebied bring Moria op hoogte van die
nuutste grimeerwenke en mode neigings.
Is daar dan ooit iets lekkerders as vrou
om mooi versorg te voel en te lyk en
heerlik te ruik?
Maatband fokus egter nie net op die
uiterlike nie
en aktuele onderwerpe soos depessie,
bipolêre gemoedsversteuring en
slaaploosheid word ook aangespreek. Vir
diegene wat aan enige van hierdie
versteurings ly, is enige oplossing ‘n
stappie nader aan ‘n meer produktiewe
leefstyl.
Natuurlik is daar ook, soos altyd,
heerlike kompetisies wat jou mond
behoorlik gaan laat water ! So maak
seker jy bly ingeskakel om in aanmerking
te kom vir die wonderlike produkte en
prosedures wat Moria beproef. Jy is dalk
net die volgende gelukkige kyker wat vir
een van hierdie bederfies kan aanmeld!
|
|
|
1 April 2012
Maatband is terug
en slaggereed om jou maer, warm en gesond deur
die winter te kry met ‘n hele arsenaal vol
interessante onderwerpe.
Agt deelnemers volg die Slender Wonder
gewigsverlies program - hierdie keer met 'n
effense afwyking van hul gewone program. Kom kyk
saam hoe hulle op 'n spesiale “bootcamp” sessie
dit uitsweet, spoed inkopies moet doen, kook
kompetisies hou en selfs teen mekaar in ‘n Thai-skopboskryt
moet meeding! Ons gesels met hul eggenote en
sien hoe hulle mekaar uitstem totdat daar net
een finale wenner oorbly.
Moria klim ook in die kryt wanneer sy haar hand,
of eerder haar bokshandskoene aan Muay Thai, ‘n
Thaise vorm van skopboks, waag!
Om jou borsgrootte te verander is vir elke vrou
wat dit al ooit oorweeg het, so ‘n persoonlike
besluit . Moria gaan vind meer uit oor al die
moets en moenies en hoe om die regte grootte te
kies wat by jou liggaam pas.
Ons probeer om niemand af te skeep nie en gaan
kyk ook ‘n bietjie na ons tieners se velsorg en
hoe belangrik dit reeds is om op daardie
ouderdom in ‘n velsorgroetine te belê. Ons gaan
stel ook ondersoek in oor wat presies
elektromagneet terapie behels.
Moria kuier weer saam met bekendes, onder andere
by Aletté Winckler voor die ooievaar haar en
Heinz se tweede stel pienkvoete aflewer. Heinz
word ook bietjie bederf wanneer hy amazwing saam
met Moria op die proef stel.
So, van ons eksotiese reis na Thailand waar ons
die wonderlikste spa’s besoek tot raad vir al
daai rimpels en rekmerke, Maatband maak seker om
julle op die hoogte van sake te hou!
Afgesien van ons opwindende weggeepryse elke
week, het ons ook 'n fantastiese prys vir een
gelukkige paartjie wat in weelde sal reis om die
wêreld te gaan verken.
Moet dus nie jou afspraak met Maatband in ons
nuwe tydgleuf misloop nie, elke DONDERDAG om
17:30 net hier op kykNET – sien jou dan!!
|
1 Oktober 2011
Kan
jy glo, hier staan ons al
weer op die vooraand van die volgende Maatband
reeks met iets vir die hele
gesin, van jou man tot jou kind en ja selfs ou
Wagter se gesondheid gaan nie afgeskeep word
nie.
Of jy nou geinteresseerd is in prosedures soos
plastiese chirurgie of iemand is wat meer
belangstel in alternatiewe behandelings, ons
gaan ondersoek en beproef alles en nog wat.
Moria gaan gesels met kenners oor die meer
ernstige onderwerpe soos prostaat- en bors
gesondheid. In dieselfde asem sorg ons vir
balans en wys weer ietsie vir die manne wat
hul harte vinniger sal laat klop en wat boonop
sag op die oog is! As jou nuuskierigheid
geprikkel is, mooi so, want jy gaan ongelukkig
moet wag en kyk!
Kom raak groen en word bewus van die
uitwerking wat skadelike bestanddele, wat in
ons alledaagse huishoudelike produkte voorkom,
op die natuur en onsself het. Dit stop nie
daar nie, ons leer ook meer oor die
gesondheidsvoordele wat organiese
ongeprosesseerde kosse vir jou gesin kan inhou.
Daars meer, en hiervoor gaan jy kietsregop
moet sit, want het jy geweet dat jou lyftaal
en gesigsuitdrukkings dalk heelwat meer van
jouself verklap as wat jy sou wou hê? Nogal
skrikwekkend!
Manne, maak seker julle vrouens se kerskouse
word betyds opgehang vir die heerlikste
geskenk idees wat Moria gaan verklap.
Van Desember gepraat, ons hou makietie, maar
nie voor ons toekomstige bruid behoorlik in
haar nommerpas trourok pas met die hulp van
Slender Wonder wie haar tree vir tree deur die
reeks gaan bystaan - jy sal verseker nie haar
vordering, struikelblokke en oorwinnings na
haar groot dag wil misloop nie.
Die keer gaan beproef Moria allerhande
volksvreemde vorme van oefen wat nie net die
tong nie, maar terselfdertyd die lyf ook laat
knoop!!! Moria en oefening beteken net een
ding, VET PRET!!
Soos gewoonlik gaan snuffel Moria die nuutste
produkte en prosedures uit wat optimale
skoonheid en gesondheid verseker.
Laaste maar nie die minste moet julle weer kom
deelneem aan al die opwindende kompetisies reg
deur die reeks.
So kom skop jou skoene uit en ontspan saam met
ons vanaf Vrydag 7 Oktober om half 6 net hier
op kykNET.
|
|