Optimed

Dr Frik Potgieter bied omvattende en gevorderde oogsorg met die mees moderne toerusting en tegnieke wat vandag beskikbaar is. As oogspesialis is hy lokaal en oorsee wyd-erkend en -gerespekteerd. Sy hoof-belangstellings is in die veld van Refraktiewe-, Katarak- en Kornea-chirurgie. 

Dr Potgieter is ‘n gesogte lokale en internasionale spreker, het verskeie artikels vir populêre en professionele publikasies geskryf en doen ook gevorderde opleiding in refraktiewe chirurgiese tegnieke.

Dr Frik, soos hy alom bekendstaan, word wyd gerespekteer vir sy kundigheid en vaardigheid in die veld van refraktiewe-, lens- en korneale-oorplanting chirurgie.
Die Optimed Oog en Laser Kliniek is in Queenswood, ‘n stil, residensiële voorstad van Pretoria, geleë. Dis ontwerp, gebou en toegerus met die mees moderne toerusting en hoogs-gekwalifiseerde personeel om uitstekende sorg vir alle tipes oogprobleme te lewer.
Die Kliniek beskik onder andere oor …

• ‘n Ontvangsarea vir pasiënte.
• Konsultasie-kamers met die nuutste en mees moderne ondersoek-apparaat.
• Gevorderde diagnostiese toerusting wat vinnig en akkuraat alle tipes oogtoestande kan diagnoseer.
• ‘n Moderne en omvattend-toegeruste Operasie-teater.
• ‘n Laser-teater met die heel nuutste Duitse lasertoerusting waarmee oë se refraktiewe foute reggestel word.
• ‘n Oogkundige afdeling vir die meting en voorsiening van brille.
• ‘n Privaathospitaal vir die behandeling en versorging van ernstige oogtoestande.
• Voldoende parkering met sekuriteit.
• Nood-kragvoorsiening.

Die Oog

Die oog is ‘n merkwaardige en besonder fyn-ingestelde orgaan wat ons in staat stel om te sien. Die normale oog is rond, soortgelyk aan ‘n sokkerbal, die kornea waardeur lig die oog inkom is helder en die beelde wat ons sien is skerp en gefokus.

Die oog se fokusvermoë word egter deur afwykings van so min as 1 mikron (een-duisendste van ‘n millimeter) beïnvloed.

As die oog refraktiewe foute het wat swak visie tot gevolg het, is dit belangrik om die diagnose en behandeling baie akkuraat te doen, anders sal visie nie na normaal terugkeer nie. Daarvoor is hoogs-gespesialiseerde toerusting en ‘n in-diepte kennis van die oog noodsaaklik.

Die mees algemene oogprobleme en behandelinge word hieronder uiteengesit.

Bysiendheid (Miopie)

Die kornea is gesond, maar relatief te bolvormig. Naby-visie is dus normaal, maar afstand-visie, soos wat op die sportveld of in ‘n lesing nodig is, is swak.
‘n Bril kan bysiendheid korrigeer, maar moet permanent gedra word.

Die kornea se vorm word met ‘n hoogs- akkurate rekenaar-beheerde laser reggestel, wat dan visie herstel. Die twee prosedures, wat hiervoor gebruik word, staan bekend as LASIK en PRK.

Versiendheid (Hiperopie)

Die kornea is gesond, maar nie bolvormig genoeg nie. Afstand-visie is dus normaal, maar naby-visie, wat vir leeswerk nodig is, is swak. Dus mag ‘n leesbril nodig wees.
Dieselfde behandelings-opsies as vir bysiendheid, geld ook vir versiendheid.

Astigmatisme

Die kornea is gesond, maar het meervoudige rondinge, soortgelyk aan ‘n rugbybal. Dit veroorsaak dubbelvisie en beelde wat uit fokus is.
Astigmatisme is soms ook teenwoordig in gevalle van by- en versiendheid, wat meervoudige refraktiewe foute veroorsaak. Enige behandeling behoort dus al sulke foute gelyktydig regstel.

Dieselfde behandelings-opsies as vir by- en versiendheid word met ander parameters vir astigmatisme toegepas

Katarak

Die natuurlike lens in die oog verdof, wat neig om te vererger namate ‘n mens ouer word. Hoe meer die lens verdof, hoe swakker word die visie. As dit onbehandel gelaat word, kan blindheid intree.

Die natuurlike dowwe lens word verwyder en met ‘n kunslens vervang, wat visie weer na normaal herstel.

Presbiopie

Die oog se vermoë om naby te fokus word swakker na die ouderdom van 40 en dié toestand verswak stelselmatig verder daarna.  Die gevolg is stremming op die oë, ‘n onvermoë om in swak lig te sien en op klein voorwerpe en/of fyn skrif te fokus.

Die verskillende behandelingsopsies sluit onder andere brille, kontaklense, laser en refraktiewe lensuitruiling in.

Keratokonus

Die kornea word dunner en begin uitbol, soortgelyk aan die punt van ‘n rugbybal. Die toestand vererger stelselmatig en lei uiteindelik tot baie hoë vlakke van bysiendheid en astigmatisme.

‘n Bril of kontaklense kan in die vroeë stadium visie help herstel, maar dis nie ‘n permanente langtermyn oplossing nie.
Kruisbinding is ‘n behandeling wat die bindings tussen die vesels in die kornea versterk, wat op sy beurt die kornea se struktuur versterk, maar dit help slegs om verdere agteruitgang te verhoed.

INTACS™ is baie dun boogstafies wat in die kornea ingeplant word om die vorm meer reëlmatig te maak. Dit word in die vroëe fases van Keratokonus gebruik.
As een van dié opsies nie moontlik of wenslik is nie, is ‘n kornea-oorplanting die laaste uitweg. Verskillende opsies is beskikbaar en die korrekte opsie kan slegs gekies word na omvattende toetse.

Daar is uiteraard nog baie ander tipes oogprobleme en -toestande wat slegs deur ‘n gekwalifiseerde oogspesialis met behulp van hoogs-gespesialiseerde toerusting gediagno-seer en behandel kan word.

Vir meer inligting omtrent enigeen van hierdie toestande en die ooreenstemmende behandelings, skakel ons gerus vir ‘n afspraak of besoek ons webwerf, waar hierdie toestande en behandelings in meer besonderhede bespreek word.

Kontakbesonderhede

Kliniek 012 333-1111
Faks 012 333-4848
E-pos         info@lasik.co.za
Webadres      www.lasik.co.za
Straatadres Woodlandsrylaan 1199, Queenswood, Pretoria 0186
Posadres Posbus 11 846, Queenswood 0121

GPS Suid 25° 44’ 04”
Oos 28° 14’ 54”

Facebook www.facebook.com/optimedlasik

Author: Maatband

Share This Post On