Osoonbehandeling

Osoonbehandeling - Ozone Treatment

 

22 Januarie 2014

Osoonbehandeling word as een van die veiligste mediese terapieë beskou. Moria lê besoek af aan dr. Nathalie Morrow by Skin Effects in Pretoria, wat osooninspuitings toepas wat kitsverligting gee aan ’n pasiënt wat aan chroniese sinusitis ly.

Sinus Osoon Behandeling

Osoon terapie word wereldwyd suksesvol gebruik vir mediese toestande en is taamlik veilig as dit deur ‘n opgeleide mediese person geadministreer word en die korrekte toerusting gebruik word.
Osoon verbeter die suurstof verbruik van ‘n mens se selle en versterk ook die immuunstelsel.
Osoon verbeter die selle se energie vervaardiging asook die aktiwiteit van die
anti-oksiderende ensieme sisteme.

Osoon vernietig bakterieë, virusse en swamme en kan ook selfs kankerselle vernietig.ozone for sinus
Daar is 8 sinusse wat voorkom in die gesig en word gevind in die benerige gedeeltes van die gesig oa. die voorkop, wangbene, tussen die oë en agter die oë.
Wanneer sinusvliese ontsteek is, swel dit op en word oormatige slym geproduseer. Dit veroorsaak dat die normale sinus openinge geblokkeer word en die oormatige slym in hierdie holtes veroorsaak drukking en pyn. Die mees algemene oorsaak van sinusitis is ‘n virale infeksie wat kan lei tot ‘n sekondêre bakteriële infeksie en selfs kroniese swam infeksie. Hooikoors, allegieë, skewe septums en vernoude sinusholtes verhoog die kanse tot sinusitis.

Simptome:

  • Gesigspyn, drukking in die gesig waar die sinusse lê, tandpyn, asook pyn agter die oë.
  • Neus kongestie, loopneus en post-nasale drup, asook ‘n verminderde reuksintuig.
  • Geel of groen neus afskeiding mag teenwoordig wees asook halitosis (slegte asem).
  • Verkoue of griepsimptome.

Osoon in hierdie areas word toegedien deur middel van ‘n inspuiting soortgelyk aan ‘n tandarts inspuiting. Die osoongas word oppervlakkig toegedien vanwaar dit vanself versprei na die sinusholtes. Osoon vernietig alle infeksievormende organismes en verminder die swelling en drukking.

Behandeling word aanbeveel 1x per week vir 3-10 behandelings vir volle effektiwiteit.

Vir meer inligting stuur gerus ‘n e-pos na: info@drmorrow.co.za

 

Author: Maatband

Share This Post On