Pilates

PilatesHet jy geweet dat wanneer jy twee oefenmetodes kombineer wat op die oog af hemelsbreed verskil, jou kanse op ’n soepel, fiks en ferm liggaam beduidend toeneem? In vandeesweek se episode, wat weer eens propvol kykgenot is, besoek Moria die pragtige Sable Hills-landgoed om te sien hoe Pilates-oefeninge met gewigte gekombineer word. Die gevolg? ’n Mooi, regop postuur, beter spierdefinisie en sterker kernspiere. Wanneer ’n mens die super-fikse vroue in hierdie oggendklas dophou, is dit duidelik dat hierdie kombinasie ongetwyfeld sigbare resultate lewer.

Brenda van der Merwe is ‘n fiksheidsinstruktrise, met ‘n opregte passie vir mense en gesondheid. Sy woon in Pretoria, waar sy dames in haar omgewing fiks en gemotiveerd hou.

Vir meer besonderhede kontak haar by brenda01@iburst.co.za

Brenda vd Merwe
Fitness Professional
082 825 0366

 

Author: Maatband

Share This Post On