26 Maart 2014
Dit is welbekend dat suiker uiters nadelige gevolge het vir ons gesondheid, en bykans geen voordele inhou nie. Nogtans verorber ons samelewing trokke vol daarvan. Dit is geen wonder dat chroniese siektes die hoogtes inskiet nie. Ons bekyk verskeie plaasvervangers vir suiker wat jou soettand kan bevredig, sonder dat jou gesondheid en vitaliteit daaronder sal ly.