Reeks 1

Episode 13 – Vrydag 25 Junie 2010 om 19:00

In die laaste episode van hierdie reeks stap ons die finale pad saam met die USN ‘Body and Lifestyle’ deelnemers om te sien hoe hierdie uitdaging hulle lewens verander het.
Moria kuier by Elmarie Craig, ‘n seks terapeut om ‘n paar wenke te kry.
En dan sit sy saam met Reynard Hugo, Tertius in Binnelanders, om ‘n paar vissies kans te gee om aan hulle voete te vreet.

Episode 12 – Vrydag 18 Junie 2010 om 19:00

Die meeste van ons dra ‘n bietjie te veel gewig om ons maag en bene. Vandag kyk ons na tegnologie wat ons kan help om sentimeters om daardie areas te verloor.
Moria gesels met ‘n bekende sanger en vind uit wat sy oplossing vir haarverlies is.
As jy een van daardie persone is wat dit haat om jou grimering in die aande af te haal, dan moet jy nader skyf want ons het die antwoord – permanente grimering!

Episode 11 – Vrydag 11 Junie 2010 om 19:00

Daar is soveel supplemente op die mark en dit is moeilik om te besluit wat jy moet gebruik. In hierdie episode gaan Moria en Andrea du Plessis van Vital Health Foods julle help om daardie besluite ‘n bietjie makliker te maak.
Ons kuier saam met drie ongelooflike mense wat ons gewys het dat skoonheid dieper is as die vel. Al drie het kanker.
En Moria vra julle om mooi te sit en luister, want sy gaan jou wys hoe klank die balans in jou liggaam kan herstel.

Episode 10 – Vrydag 4 Junie 2010 om 19:00

Vir die mans wat gedink het dit vat jou 20 minute om jou hare te sny, wag daar ‘n groot ontnugtering! Ons gaan vir julle wys hoe die nuwe man sy haarstyl by sy leefstyl aanpas.
Moria hou ‘n teepartytjie met ‘n ‘twist’. Sy wys hoe jy jou koek kan eet en boonop geniet sonder skuldgevoel! Sy kyk na twee nuwe produkte wat kan help met gewigsverlies en anti-veroudering.
Angelina Jolie het ‘n groot oproer by die Cannes Film Fees veroorsaak, nie oor haar en Brad se verhouding nie, maar oor hoe stralend sy lyk. Sy sê dit is te danke aan Dermarol. Moria kuier saam met Dr Nathali Morrow, ‘n spesialis in hierdie tegniek.

Episode 9 – Vrydag 28 Mei 2010 om 19:00

Het jy geweet dat om soos ‘n ystervarkie te lyk, jou kan help om plooie te verwyder? Moria kyk na die voordele van akupunktuur.
Moria kuier lekker saam met voormalige Mej Suid Afrika Suzette van der Merwe, en vind uit oor haar skoonheidsroetine en wat sy glo vir haar gewerk het.
En ons wys jou dat dit wel moontlik is om lippe soos Angelina Jolie te kry, dis te sê as jy dit wil hê!

Episode 8 – Vrydag 21 Mei 2010 om 19:00

Sukkel jy om verjaarsdae te onthou? Hierdie week wys Margaret Roberts ons wat om te eet om ons geheue op te knap.
Ons kyk of hipnoterapie ons kan help om gewig te verloor en sjokolade te laat vaar vir ‘n week of langer.
En ons maak verbleikte tande weer helder wit op ‘n vinnige, ekonomiese manier.

Episode 7 – Vrydag 14 Mei 2010 om 19:00

Verlede week het ons uitgevind dat die spieël nie altyd die waarheid oor jou vel se ouderdom vertel nie. Hierdie week kyk ons hoe om ons vel weer jeugdig te laat lyk met Mesoterapie.
Ons ondersoek Nia, ‘n nuwe vorm van oefening wat jou die vryheid van beweging leer en terselfdertyd die siel kalmeer.
En ons raak goudbruin sonder die son se beskadigende UV strale.

Episode 6 – Vrydag 7 Mei 2010 om 19:00

Buikdans (Belly Dance) lyk op die oog af dalk maklik, maar dit verg oefening om die regte tegniek te ontwikkel. Charlotte van ‘Jewels of the Nile Belly Dance Wellness Studios’ wys vir Moria die voordele van hierdie sensuele dans.
Die grootste uitdaging van enige dieet is om weg te bly van gemorskos, veral by die werk. Met die hulp van Vital se Andrea du Plessis, pak ons ‘n vinnige, maklike kospakkie om jou daarmee te help.
Ons ondersoek nuwe tegnologie wat die waarheid vertel oor die ouderdom van ons velle, en Moria is bang!

Episode 5 – Vrydag 30 April 2010 om 19:00

Hulle sê daar is drie dinge is wat baie seker is in die lewe, die feit dat almal eendag dood gaan, belasting betaal, en dat dames selluliet sal kry.Ons gesels ook met een van Suid Afrika se mees bekendste Kruie kenners, Margaret Roberts om ons te help om met menopause saam te lewe. Sy deel met ons ‘n paar natuurlike geheime wat die symptome drasties kan verminder.
Maar dit lyk of daar tog hoop vir ons dames is as dit kom by Selluliet, met ‘n revolusinêre nuwe behandeling. Ons gaan kuier by die Renew Kliniek in Bryanston om hierdie nuwe behandeling uit te toets en om vir ons self te sien of dit van daardie onooglike dimpel laag ontslae kan raak wat selfs modelle in trane het.
Haar borrelende, warm persoonlikheid sorg dat Riva Schoeman almal se harte steel wat na haar radio program op Jakaranda FM luister, en ons het gaan uitvind wat hierdie populêre aanbiedster in haar besige schedule doen om haarself te bederf.

Episode 4 – Vrydag 23 April 2010 om 19:00

Buiten probleme met die skaal waarmee so baie van ons worstel, word ons boonop bekruip deur verskeie chroniese siektes, onder meer diabetes, hoë cholesterol en artritis. Met die hulp van Nelly Silvis, ‘n dieëtkundige van Pretoria, leer ons dat al hierdie ellendes verband hou met mekaar en dat ons voorkomend kan optree deur maaltye te beplan en só van ekstra gewig en siektes kan ontsnap.
Asof gewig nie genoeg is om onsself oor te bekommer nie moet ons nog die emosionele stres van pigmentasie ook hanteer. Ons gaan kuier by Dr. Marianne Duvenhage om antwoorde te kry oor hoe om pigmentasie te verminder, te voorkom en daarvan ontslae te raak.
Ons kuier ook met Hykie Berg (beter bekend as Dr Conrad Bester van Binnelanders) by Kai Thai Spa in Randburg en sien hoe hy liggaam en siel ontspan met ‘n buitengewone massering.

Episode 3 – Vrydag 16 April 2010 om 19:00

Wanneer dit kom by verhoudings, geld sake en werks omstandighede, gryp baie van ons na Astrologie om te sien of ons nie antwoorde kan kry nie. Maar het jy geweet dat hierdie eeu oue wetenskap ook interessatante waarhede kan verskaf oor ons gesondheid, wat jou sport ideaal is vir ons om te speel tot die kleur skemas wat die beste by jou sal pas. Vergesel Moria as sy gesels met Jacqueline Brook, n baie bekende astroloog oor hierdie fasinerende onderwerp.
Ons kyk ook of dit enigsins moontlik is om ‘n nuwe, baba sagte vel te bekom na jare se son beskadiging met die hulp van laser tegnologie.
Ons ondersoek ‘n paar natuurlike hulpmiddels om van ‘n spastiese dikderm ontslae te raak en terselfdetyd jou liggaam te help om van gifstowwe ontslae te raak.

Episode 2 – Vrydag 9 April 2010 om 19:00

Verward oor die verskeidenheid dieëte op die mark? Kyk gerus Maatband- ons gesels met ‘n bekende dieëtkundige, Amanda Kuit, en sy wys vir ons ‘n maklike manier om gesond te eet, en steeds jouself te bederf met ‘n blokkie sjokolade of twee.
Maatband kuier ook by ‘n dermatoloog van Pretoria wat ons ‘n bietjie touwys maak oor puisies en aknee en ook vir ons wys wat ons kan doen met die merke wat hulle dit agterlaat.
Laastens loer ons in by n baie ongewone paartjie, Sean en Kathy, wat al vele kompetisies gewen het. Hulle deel ‘n paar grimeer- en haarstyl wenke wat ‘n professionele voorkoms in die werksplek verseker.

Episode 1 – Vrydag 2 April 2010 om 19:00

Is dit die Fontein van Jeug of een of ander gif ? Episode een van Maatband kyk na botox as ‘n manier om die tekens van tyd terug te draai. Soos wat kykNET se nuwe gesondheids- en skoonheidsprogram ontvou, is dit nie net vrouens wat baatvind by hierdie program nie. En soos Kyknet se nuwe Gesondheids- en Skoonheidsprogram ontplooi is dit nie net vrouens wat dit deel uitmaak van die verjongingsprogram nie.
Episode een is ook die begin van ‘n nuwe leefstylpogram vir vier kykers wat tot dusver ‘n baie ongesonde leefstyl gevolg het, maar dinge gaan verander, ons vier deelnemers gaan die “USN Body and Lifestyle” uitdaging aanpak met die hoop dat hulle voorkoms en lewens vir altyd gaan verander. Ons kyk hoe hulle en hul families dit gaan aanpak.
Ons wys ook vir jou “Boxercise”, ‘n ander manier van fiks word en wat daardie ongewenste sal afskud, maar wees gewaarsku: dié een is nie vir sussies nie.