Reeks 2

Episode 13 – Vrydag 01 Julie 2011 om 17:30

In ons laaste episode van hierdie reeks laat ons die aap uit die mou as die Slender Wonder deelnemers hul “verliese” met ons deel, hoe hulle hul pad na goedvoel en goedlyk ervaar het en die lesse wat hulle hieruit geleer het.
Dit is nie aldag dat jy hoor dat voete gebruik word om ‘n massering te doen nie. Kom kyk hoe Moria en Hykie Berg op hete kole is wanneer hulle hierdie buitengewone vorm van thai heat foot massering gaan beproef.
En ons kondig die wenner van die Thailand Kompetisie aan, maak dus seker jou tasse is gepak net vir ingeval jy die gelukkige wenner is!

Episode 12 – Vrydag 24 Junie 2011 om 17:30

Rumba en Tango dans is maar net ’n paar van die gewildste maniere om jou lyf in toom te hou én fiks te bly – boonop met min moeite en baie pret. Moria trek haar dans skoentjies aan wanneer sy by Arthur Murray gaan kers opsteek oor hoe om behoorlik te Cha Cha Cha.
Een van die algemeenste klagtes waarmee mense deesdae by dokters gaan aanklop, is chroniese moegheid, ongeag hulle ouderdom of geslag. Dr Botha werp meer lig op die redes hoekom ons party dae so futloos voel.
Reiki is ‘n Japanese kuns wat gebruik word om stres en spanning te verlig. Stel jou oop vir ‘n nuwe ondervinding en kom ervaar dit saam met Moria.

Episode 11 – Vrydag 17 Junie 2011 om 17:30

Ons gaan wys jou dat dit nie nodig is om met ‘n passer en ‘n liniaal jou gesig se proporsie te meet nie! Met behulp van die golden mean mask word jou gesig gemeet aan wat beskou word as die perfekte proporsie. Kom kyk of Moria oor daardie X-faktor beskik!
Wie’t ooit gedink dat oefen soveel pret kan wees? Nia dans, wat nie net ‘n heerlike stres verligting is nie, sorg ook vir ‘n goeie oefensessie sonder dat jy dit eers agterkom! Kom ontdek jou innerlike godin en kom dans saam!
Stamselle is dalk nie iets waaroor jy elke dag dink nie, maar dit word gesien as die boublokke van die lewe en al hoe meer ouers maak van stam sel berging gebruik ter wille van hul kinders. Vandag gaan ondersoek ons die tegnologie wat dit vir jou moontlik kan maak.

Episode 10 – Vrydag 10 Junie 2011 om 17:30

Ons vrouens se ore is altyd gespits as ons hoor van ‘n wonder pil wat van onnodige vetjies ontslae kan raak. Moria gesels met Dokter Riekie Smit oor Tonalin wat beslis jou nuwe vriend in kapsuul vorm gaan wees!
Indien die blote gedagte aan menopouse jou warm gloede gee of in koue sweet laat uitslaan, gee bekende kruiekenner Margaret Roberts meer advies hieroor.
Kom kyk hoe word Moria gedril wanneer haar uithouvermoë en fiksheid tot die uiterste beproef word wanneer sy vir adventure bootcamp aantree!

Episode 9 – Vrydag 3 Junie 2011 om 17:30

Voel jy ook jy kan nooit jou mond aan bederf kos sit nie omdat dit sommer dadelik op jou heupe wys? Moria deel ‘n geheime produk om seker te maak dat jy nooit weer lang tand aan daardie skyf koek hoef te eet nie!
Ons gaan kuier by Suid-Afrika se goue seun, Ryk Neethling wat nie net olimpiese swemkampioen is nie maar deesdae ook bekend is as suksesvolle wynmaker, entrepreneur en ontwikkelaar.
Om soos ‘n spelde kussing te lyk het beslis sy voordele, veral in die geval waar akupunktuur jou kan help om van daardie gesigplooitjies ontslae te raak.

Episode 8 – Vrydag 27 Mei 2011 om 17:30

Tissue soute is beslis nie ‘n geurmiddel wat jy oor kos moet sprinkel nie. Margaret Roberts lig ons in oor die belangrike rol wat hierdie soute in ons liggame speel.
Paaldans is verseker nie vir sissies nie! Die bloukolle en seer spiere getuig dat jy van kroontjie tot toontjie oefening sal kry, maar dis tog iets wat jy een maal in jou lewe moet probeer!
Een oomblik koel en kalm, die volgende oomblik onstuimig en onstabiel. Klink dit bekend? Dokter Riekie Smit werp meer lig op die werking van hormone wat soveel amok in ons liggame veroorsaak.

Episode 7 – Vrydag 20 Mei 2011 om 17:30

Jou ou ryperd is slimmer as wat jy dink en kan ingespan word as terapeut vir veelvuldige kondisies van jonk tot oud. Kom beleef saam met ons hierdie interessante alternatiewe terapie.
‘n Stralende ferm gesig hoef nie net vir jou tiener dogter beskore te wees nie. Met behulp van Dermarol word jou vel in so ‘n mate op ‘n natuurlike manier gestimuleer en verferm dat almal sal dink jy het ‘n gesigsontrimpeling ondergaan – beslis nie iets om oor te kla nie!
Moria gaan ontspan saam met Slender Wonder deelnemer Renita vd Merwe by die Mount Grace Hotel en Spa en vind uit hoe sy haar pad na perfeksie ervaar.

Episode 6 – Vrydag 13 Mei 2011 om 17:30

Kom kyk self of Terenzo die waarheid praat as hulle sê hulle kan 10 jaar van jou ouderdom wegneem met die regte haarsnit. Moria is opgewonde om te sien of Terenzo wel sulke resultate kon lewer.
As jy tot nou toe bang was om jou tatoeermerk te verwyder want jy dink ‘n beitel en skoffel is daarvoor nodig, wys ons jou vandag op Maatband dat laserbehandeling beslis meer doeltreffend en effektief is om hierdie taak te verrig
Om saam met Suzette vd Merwe te kuier is nie iets waarvoor jy sommer nee sê nie, veral nie as sy haar slim idees met ons deel oor hoe om mooier met minder te lyk.

Episode 5 – Vrydag 6 Mei 2011 om 17:30

As die wetenskap van iridologie vir jou ook ‘n volksvreemde begrip is, gaan jy beslis nie Maatband wil misloop nie. Ons kom meer te wete oor hierdie interessante onderwerp en jy word dalk verras met hoe akkuraat die irisse van jou oë jou gesondheidstoestand weergee.
Jonk en oud moet vandag naderskuif! Moria bevind haarself uit haar gemaksone wanneer sy Thai Chi op die proef stel. Hierdie gestruktureerde manier van oefen hou nie net jou spiere soepel nie maar beproef ook jou konsentrasievermoë tot die uiterste!
Uiteindelik bestaan daar ‘n oplossing vir selulliet en rekmerke. Dokter Nathali Morrow vertel ons meer oor 3 interessante tegnieke wat hiervan asook van ander beserings en kwale ontslae kan raak.

Episode 4 – Vrydag 29 April 2011 om 17:30

Kom kyk hoe jy in jou etensuur die sprankel terug in jou glimlag sit en boonop jou selfvertroue ‘n hupstoot gee! Ons maak verblykte tande op ‘n vinnige en ekonomiese manier weer helder wit.
Ons bekyk die voordele van peptan van nader om te sien watter anti-verouderings geheim daarin opgesluit lê.
En dan gaan stel Moria vas of hipnoterapie haar dalk kan help om van daardie soet tand ontslae te raak!!!

Episode 3 – Vrydag 22 April 2011 om 17:30

Vrouens kies gewoonlik die hasepad net by die aanhoor van die gewraakte selluliet woord, maar vandag werp ons lig op ‘n behandeling wat kan help om van daardie lagie dimpels ontslae te raak.
Moria kom agter dat buikdans (belly dance) makliker gesê is as gedaan! Raak ontslae van al jou inhibisies en kom dans saam.
As daar Maandae Woensdae en Vrydae maalvleis op jou spyskaart is, is dit dalk die ideale tyd om ‘n paar vars resepte vir die week te kry. Slender Wonder inspireer ons almal met geurige en gesonde idees uit hul resepte boek om honger mae te vul.

Episode 2 – Vrydag 15 April 2011 om 17:30

Ons plaas vullers onder die kollig wat slegs deur nuwe definisie aan jou wangbene te gee die hele profiel van jou gesig laat verander en jou jare jonger kan laat lyk.
Trek voordeel uit ‘n intense manier van fiks word en raak sommer op die koop toe van jou frustrasies ontslae – kom stel saam met Moria “boxercise” op die proef.
En dan wys Lianie May vir Moria wat se skoonheidsprodukte sy by Filorga gekoop het wat sorg dat haar vel ferm en helder bly ten spyte van haar besige program tussen optredes en rolprente.

Episode 1 – Vrydag 8 April 2011 om 17:30

So spring die sokker speler Shaun Bartlett letterlik saam met Moria op hul kangoo bootsies weg om dié nuuste vorm van oefen te ondersoek. Hierdie doeltreffende en prettige manier van oefen is so eenvoudig en hou boonop ‘n hele rits gesondheids voordele in. Daarbenewens kan jy in ‘n japtrap van kroontjie tot toontjie opferm.
Ongeag of jy nou waks, haarroom of die tradisionele skeermes hiervoor moet inspan, onooglike haartjies is hier om te bly. Hanna Grobler maak met behulp van laser verwydering korte mete met hierdie probleem.
Moria ontmoet die deelnemers wie met behulp van Slender Wonder uit die pad van verderf terug op die nou en reguit paadjie kom. Hetsy jy nou 20, 11 of ‘n skamele 3kg het om te verloor, Slender Wonder wys jou hoe effektief die program vir elke individu se behoeftes ontwerp is.