Reeks 3

Episode 13 – Vrydag 30 Desember 2011 om 17:30

In die opwindende laaste episode van hierdie Maatband reeks, raak ons nostalgies as ons terugkyk op Jade se “ journey “ tot hier.
Ai julle dis darem maar enige dogtertjie se droom, maar in hierdie geval het Jade se droom waar geword. Haar harde werk oor die afgelope 13 weke het vrugte afgewerp en haar gewigsverlies maak dat sy uiteindelik in haar droom trourok in die paadjie kan afstap! Die liefde laat mens regtig gloei nê en sy lyk asemrowend …kom kyk hoe ons haar mooi voorkoms met die die hulp van ‘n laaste paar professionale towerstaffies afrond!
Sien jou by die troue wanneer die ridder op die witperd sy prinses wegvoer na “happy-ever-after”

Episode 12 – Vrydag 23 Desember 2011 om 17:30

Laat daardie onooglike blou are op jou bene jou ook agter langbroeke en lang rokke wegkruip? Kom kyk hoe ons met spatare klaarspeel.
Daar is verskillende redes waarom mans en vrouens buite egtelike verhoudings aanknoop. Moria gaan gesels met Gretha Wiid oor wat die oorsake en gevolge hiervan is en hoe dit voorkom kan word.
Ons gaan kuier ‘n hond uit ‘n bos wanneer ons ou Wagter vir Hidroterapie vat – hierdie tipe water terapie verrig wondere vir enige honde skeet of pyn.

Episode 11 – Vrydag 16 Desember 2011 om 17:30

Al klink Capoeira dalk ‘n bietjie volksvreemd vir jou, is dit verrassend hoe baie mense aanklank hierby vind. Moenie bekommerd wees nie, Capoeira klink sommer baie meer ingewikkeld as wat dit regtig is! Skop uit jou skoene en strek jou spiere, vandag betree Moria die wêreld van Capoeira.
Ons kry nuwe vars idees by Slender Wonder hoe om vir jou kind gesonde en gebalanseerde maaltye voor te sit veral noudat jou idees opraak soos die jaar einde se kant toe trek!
Daar bestaan nie altyd wonderlike kitsoplossings nie, maar I-Lipo bied beslis ‘n vinnige maklike oplossing om van daardie ongewenste walletjie, waar hy ookal sit, ontslae te raak – en dit boonop sonder dat jy ‘n teaterjassie hoef aan te trek.

Episode 10 – Vrydag 09 Desember 2011 om 17:30

Ai die einde van die jaar voel almal mos maar bietjie pootuit en gedaan! Maatband gee jou energie ‘n hupstoot totdat daai lekker Desember vakansie een van die dae aanbreek!
Hoeveel van ons neem ons oë net aan as vanselfsprekend? Dit is van uiterste belang dat jy mooi na jou oë omsien – ons kry raad oor hoe om pro-aktief op te tree en jou oë gesond en vol sprankel te hou.
Dis weer tyd vir lekker oefen en Moria beproef kettlebells wat verseker haar spiere gaan laat les opsê.En as jy ‘n diabeet in jou gesin of familie het, hoef dit nie die hele appelkar om te gooi nie. Ons gaan beproef nuwe smaaklike en gesonde resepte waaraan die hele gesin kan saam smul

Episode 9 – Vrydag 02 Desember 2011 om 17:30

As jy ook een van daardie vrouens is wat hoegenaamd geen idée het as dit kom by klerekasbeplanning of watter kleure saam pas nie – dan moet jy nie Maatband misloop as ons gaan hangkas uitgooi nie.
As jy jou wangbene moet insuig net om daai magie effens te laat intrek, is plastiese chirurgie dalk ‘n goeie opsie vir jou om te oorweeg. Moria gaan kry al die antwoorde op die vrae waaroor jy onseker is.
Ons gaan kyk hoe vinnig Filorga se Lumino Terapie met pigmentasie vlekke klaarspeel.So kom Jade en haar verloofde al nader aan hul spesiale dag. Vandag is die dag wat sy ‘n bietjie stout mag wees – dit is immers haar troukoek waarvan sy baie seker moet wees – so proe gaan ons moet proe!

Episode 8 – Vrydag 25 November 2011 om 17:30

Kolon probleme mag dalk ‘n holruggeryde onderwerp wees, maar daar is steeds soveel mense wat al moedeloos hiermee gesukkel is. Ons gaan kyk bietjie na ‘n aanvulling wat die nodige verligting kan bied.
Hoeveel van ons probeer ons figuurfoute onder verkeerde groottes klere wegsteek? Ons gaan jou vandag wys hoe om slimmer keuses te maak sodat jy jou selfvertroue ‘n hupstoot kan gee en boonop slanker kan vertoon.
Met enige program is dit soms nodig om met ‘n professionele persoon te gesels en die nodige wenke te kry wat jou sal help om doel voor oë te hou; daarom dat Jade gaan gesels met een van Slender Wonder se slim dokters vir inspirasie.

Episode 7 – Vrydag 18 November 2011 om 17:30

Jade vorder fluks met die Slender Wonder program – sy het immers ‘n baie belangrike doel voor oë – en om seker te maak haar lyfie is eksie perfeksie vir haar groot dag probeer sy vandag Lipo Massage om van daardie oortollige selluliet ontslae te raak.
By die Dansende Diva’s maak dit nie saak of jy twee linkervoete of geen ritme het nie! Jy kan net saam met ander vrouens wie dieselfde behoefte as jy het, kom dans en pret hê.
Endometriose is ‘n algemene verskynsel onder vroue en kan ernstige gesondheidsgevare inhou veral as jy nie weet waarvoor om na uit te kyk nie – ons werp lig op die onsekerhede wat elke vrou hieroor het.

Episode 6 – Vrydag 11 November 2011 om 17:30

Selluliet bly eenvoudig maar net nooit te ver uit ons vrouens se gedagtes nie; daarom dat ons vandag daardie gewraakte dimpels met ‘n ander aanslag takel.
Die meeste van ons kry dit nie heeltemal reg om ‘n balans in hul besige lewens te handhaaf nie en sukkel maar om tyd vir ‘n gesonde intieme lewe in te ruim. Moria gaan steek kers op by die bekende Gretha Wiid oor hoe om weer die vonk terug in die katel te kry!!
‘n Mens moet ten minste een keer in jou lewe iets anders probeer. Aerial Joga is een van daardie heerlike nuwe maniere van oefen en boonop lyk dit heeltemal moeiteloos en lig.

Episode 5 – Vrydag 4 November 2011 om 17:30

Hierdie week kyk ons na manne sake. Die gesondheid van jou prostaat is nie iets waaroor jy ‘n blinde oog kan gooi nie. Moria gaan kry die ABC oor prostaat gesondheid.
Voor jy dink Moria moet haar mond met seep gaan uitwas, hoor eers wat is die voordele van Funk Off, ja jy’t reg gehoor!! Dis die nuutste manier van fiks word en sluit alle soorte vorms van dans in. Kom kyk of Moria hierdié een kan baas raak!
Kan mense jou gesig lees soos ‘n boek? Ons gaan kyk ‘n bietjie wat jou gelaatstrekke oor jouself vertel en dit sonder dat jy dit weet!! En dan is dit weer tyd om by Jade, ons Slender Wonder deelnemer, te gaan inloer. Moria verras haar met ‘n besoek van een van ons vorige deelnemers wie vir Jade bietjie moed gaan inpraat op haar pad na sukses.

Episode 4 – Vrydag 28 Oktober 2011 om 17:30

Ons gee weer bietjie aandag aan ons Maatband manne se behoeftes wanneer Moria by die sexyste vrou ter wêreld, Sashi Naidoo, gaan kers opsteek oor haar skoonheidsgeheime en dit alles terwyl die mans maar net kan sit en geniet!
Jy staan een oggend op en die moeë afgeremde gesig wat na jou terugstaar in die spieël is vir jou vreemd en jy weet dit is tyd om iets daaraan te doen. Thermage is ‘n behandeling wat jou in ‘n japtrap weer jonk en mooi sal laat lyk.
Om na jou borste se gesondheid om te sien raak in vandag se dae al hoe belangriker, daarom dat Moria bietjie gaan ondersoek instel na ‘n prosedure wat jou die nodige gemoedsrus kan gee.

Episode 3 – Vrydag 21 Oktober 2011 om 17:30

Verlede week het julle gesien waarna gekyk is om Ian se profiel te verbeter deur sy tande reg te maak. In deel twee gaan julle die eindresultaat van hierdie prosedure sien en kom bepaal self hoe groot die verskil aan Ian se voorkoms is net deurdat daar bietjie aan sy tande getimmer is.
Wie die laaste lag lag verseker die lekkerste! Die kalmerende effek wat lag yoga op mens se gemoed kan hê is verstommend en beslis die moeite werd om een maal te probeer. Klink dit lagwekkend? Kom kyk vir jouself!
Deesdae doen daar soveel nuwe soorte kieme die rondte, die minste wat ‘n mens vir jouself kan doen is om jou immuniteit ‘n goeie hupstoot met die regte supplemente te gee sonder dat jy hope spinasie soos popeye moet verorber!

Episode 2 – Vrydag 14 Oktober 2011 om 17:30

In deel een van hierdie tande oormaak sessie gaan kyk ons hoe ‘n eenvoudige prosedure aan jou tande jou hele profiel kan verbeter.
Om klein foutjies aan jou neus reg te maak is nou makliker en vinniger as ooit tevore. Neus fillers is ‘n vinnige manier om jou algehele voorkoms te verbeter sonder dat jy chirurgie hoef te oorweeg.
Raak jy ook gefrustreerd met daardie ongewenste handvatseltjies om die middel, of daai hang magie wat net nie wil weg ongeag of jy reg eet of jou dood oefen? Coolsculpt bied die “coolste” oplossing vir jou dilemma.

Episode 1 – Vrydag 07 Oktober 2011 om 17:30

Hierdie week in die eerste episode van die volgende Maatband reeks speel Liani May proefkonyn wanneer sy ‘n nuwe behandeling probeer wat klaarspeel met veroudering en plooitjies.
Elke bruid wil op haar groot dag die mooiste en die maerste lyk maar hoe nou gemaak as die trourok nie so lekker pas nie? Slender Wonder het in die vorige reeks soveel mense geinspireer dat ons nie anders kon as om ‘n nuwe uitdaging aan te pak nie, en die keer gaan ons groot!!!!
As jy een van daai mense is wat vinnig verveeld raak met die goeie ou gym roetine, moet jy dalk jou litte gaan losmaak in ‘n zumba klas. Zumba is ‘n mengsel van latynse danse en aerobiese oefening wat weer die pret terug in oefening sit.