Reeks 6

Episode 4 – Woensdag 24 Julie 2013 om 17:30

Moria pak ’n strawwe uitdaging aan wanneer sy ’n nuwe en opwindende oefenprogram takel wat Suid-Afrika op loop het. Primal Krav Maga is die amptelike selfverdedigingsisteem en krygskuns van die Israelse weerwag; dit hou jou nie slegs superfiks nie, dit bemagtig jou ook om jouself teen gevaar te verdedig.
Moria gesels met dr. Cobus van Niekerk oor velsorgprogramme vir mans. Dr. Cobus se pasiënt, Jacques, ontvang ook ’n ligte chemiese velafskilfering om dooie vel-selle te verwyder. Die behandeling beloof om sonskade en die tekens van veroudering op veilige wyse te verminder.
Fraxel is lasertegnologie wat kan help om die sigbare gevolge van veroudering, soos plooie en sonvlekke, om te keer. Hierdie proses bied ’n effektiewe alternatief vir chirurgie. Gelaai met interessante inligting, ondergaan Maatband se mooimaak-kandidaat, Esmé, hierdie rewolusionêre behandeling by dr. Riekie Smit.

Episode 3 – Woensdag 17 Julie 2013 om 17:30

Wanneer dit by gesigsverjonging kom, is ons almal op die uitkyk na kosmetiese prosedures wat effektief, dog bekostigbaar, is. In hierdie episode vertel dr. Riekie Smit waarom Mesoterapie ’n tegniek is wat aan albei hierdie vereistes voldoen. Sy spuit ’n ‘wondermiddel’ – ’n voedende samestelling wat uit 55 mikrobestanddele bestaan – in Moria se gesigvel in met ’n splinternuwe toestel wat ’n verbysterende 600 naalde bevat!
Hierna ondersoek Moria ’n mediese toestand waaroor niemand graag praat nie – urinêre inkontinensie. Diegene wat aan hierdie lastige toestand ly sal verheug wees om te hoor dat daar ’n nie-indringende, gemaklike en hoogs suksesvolle behandeling daarvoor bestaan…en niemand hoef daarvan te weet nie. Dit is ’n rekenaarbeheerde stoel wat uit Australië ingevoer word.
Moria besoek ook twee tandartse by 12Smile wat vertel hoe hulle te werk gaan om pasiënte se glimlagte te transformeer. Drie mans wat elk spog met ’n splinternuwe stel skitterwit tande vertel hoe hul glimlagte omskep is deur middel van nuwe, pynlose en uiters suksesvolle tegnieke.

Episode 2 – Woensdag 10 Julie 2013 om 17:30

In hierdie sesde Maatband-reeks ondergaan een van ons kykers, Esmé Grové, ’n reeks teenverouderings-prosedures wat daarop gemik is om haar jonger, gesonder en gelukkiger te laat lyk. In hierdie episode ontmoet sy Maatband se raadgewende estetiese spesialis, dr. Riekie Smit.
Hierna stel Moria vir Esmé voor aan Johan Esterhuyse van Sontal, wat aan Esmé ’n stel leefreëls voorstel. Dit behels ’n streng eetplan en uitgesoekte aanvullings om gewigsverlies te bevorder. Hier wag ’n paar uitdagings en verrassings…maar Esmé is gemotiveerd om haar gesin trots op haar te maak.
Laastens gesels Moria met spesialis-oudioloog, Agneta Grové, oor gehoorverlies –en die heel nuutste oplossings daarvoor. Agnetha vertel van tegnieke wat mense met gehoorverlies se lewenskwaliteit kan bevorder. Ons ontmoet ook ’n aantal mense wat deur hierdie tegnieke bevoordeel is.

Episode 1 – Woensdag 3 Julie 2013 om 17:30

Moria spring sommer volstoom weg met die nuwe Maatband reeks en ons ontmoet n kyker wat n totale transformasie gaan ondergaan. Glo my, jy gaan dit nie wil mis nie – dit is altans elke vrou se droom om van kop tot tone oorgemaak te word.
As jy voel jy wil in ‘n ander kamer gaan slaap want jou metgesel snork, het ons vir julle die antwoord. Moria gesels met Dr Dave Koton, ‘n tandaarts met die Rosebank Snork en Slaap Apnee Sentrum oor die probleem.
Meeste mense hou nie van oefen nie, maar Moria wys vir julle hoe om fiks te word op ‘n ritmiese manier. Nia is ‘n verfrissende beweging en lewenstylpraktyk wat gesondheid en welstand op ‘n prettige, kreatiewe wyse beoefen.