Sonskade – Sun Damage

Sonskade - Sun Damage

12 Maart 2014

Ons wat in Suid-Afrika woon, geniet goeie weersomstandighede vir ’n groot deel van die jaar. Hoewel dit baie voordele inhou, beteken dit ook ongelukkig dat ons aan die gevare van die son blootgestel word. Sonskade veroorsaak nie slegs in sommige gevalle velkanker nie, dit is ook verouderend, met die gevolg dat Suid-Afrikaners gouer ouer kan lyk as mense wat in kouer klimate woon. In hierdie episode van Maatband stel Moria ondersoek in na foto-dinamiese terapie (PDT), wat sonskade  kan beperk en selfs kan omkeer, sodat jou vel se vitaliteit en gesondheid weer herwin kan word.

Author: Maatband

Share This Post On
468 ad