26 Maart 2014
In ons finale episode van die huidige Maatbandreeks, bekyk ons die voor- en nadele van die internet – is dit ’n seën of ’n vloek vir jou kind? Dr. Gretha Wiid bespreek die verskeie gevare wat tegnologie inhou, en gee raad aan ouers oor hoe hulle kan verseker dat hulle kleingoed teen ongewenste elemente beskerm word, terwyl die kinders nog steeds die voordele van die inligtingseeu benut.