5 Maart 2014
Die moontlikhede wat testosteroon-terapie inhou is beslis aanloklik – spiermassa kan toeneem, konsentrasie en geheue word skerper en energie- en libido-vlakke styg beduidend. Vir ouer mense mag testosteroon-terapie na die ideale teenverouderingsformule klink. Die gesondheidsvoordele van hierdie terapie vir diegene wat ouderdomsverwante afname van testosteroon toon, is egter nie klink-klaar duidelik nie. Vind meer uit oor hierdie fassinerende onderwerp wanneer Moria met dr. Liana van Dyk gesels oor die kompleksiteite daaraan verbonde.
Vir meer inligting kontak lianavandyk@gmail.com