The Female Curve

Die boek, “The Female Curve”, wat onlangs bekend gestel is, bestudeer 5 tipes vrouens en hul plasing op die model wat strek van baie vroulik regdeur tot meer manlik.

Johan en Marianna van Niekerk ontrafel kwelvrae, soos waarom dit soms moeilik is om volhoubare verhoudings met ander vrouens in jou lewe te kweek, deur die geheime elemente wat elkeen van hierdie 5 tipes vrouens in die wêreld van mekaar onderskei, te bestudeer.

Die verskillende tipes vrouens in die boek word as 5 fiktiewe vriendinne uitgebeeld, wat elkeen die tipiese karaktereienskappe, waardes, voorkoms, lewensstyl en gedrag van hul spesifieke tipe aanneem.

Johan en Marianna redeneer dat bewuswording en herkenning van die 5 verskillende tipe vrouens tot persoonlike groei kan bydra en jou kan help om empatie, geduld en aanvaarding vir die ander vrouens in jou lewe te ontwikkel.

Hierdie boek is ‘n absolute moet-lees vir vrouens sowel as mans omdat dit van die geheime ontsluit wat nodig is om liefdevolle en blywende verhoudings met alle vrouens in jou lewe te kweek.

Vir meer besonderhede, kontak:

Marianna van Niekerk

Selfoon: 081 471 7062

Epos: mariannavn@telkomsa.net

Author: Maatband

Share This Post On