Uitrustingspesialis Donna Kennedy-Meyer

fashion donna part 2 1Jy kry jeans in allerlei vorms en groottes en soms is dit oorweldigend om te besluit presies watter kleur en snit die beste by jou liggaamstipe pas. Moria sluit weer by die pragtige stilis en uitrustingspesialis Donna Kennedy-Meyer aan om vas te stel hoe jy jou figuur die beste kan komplimenteer met hierdie tydlose kledingstuk. Ons kyk na die groot verskeidenheid jeans van verslete tot ontwerpersitems, en natuurlik ook die klassieke donkerblou denim.

Donna Kennedy-Meyer is sedert 2004 ‘n bekende voorkoms-konsultant in Suid-Afrika. Met ‘n lys van bekende kliente geniet sy konsultasies met huisvroue, besigheidsmans, -vroue, studente, korporatiewe maatskappye net soveel soos met die bekendes. Soos sy dit stel: “Almal hou van komplimente. Komplimente bou selfvertroue. Hoekom dan nie die beste lyk wat jy kan wees nie? Of dit nou is by die huis, by die werk, tussen jou vriende of net as ‘n ma. Dit het ‘n effek op soveel sfere van jou lewe.”

Besoek gerus haar webtuiste vir meer inligting: www.donnakennedymeyer.com
082.870.3333
Info@donnakennedymeyer.com

Author: Maatband

Share This Post On